An­tie Val

Kuier - - INHOUD -

Vraag VERWAGVAN AN­DER OU

My vrou wou nooit kin­ders hê nie, maar ek wou graag. Sy is nou s­wan­ger, maar nie van my nie, want ek werk weg en dit is on­moont­lik dat dit my kind is. Ek is baie lief vir haar, maar sy het my ver­raai. Wat nou? Sy sê dit was een keer en die ou weet nie en sal ook nie be­trok­ke wees nie. VERKUL

Ant­woord BESTE VERKUL

Dit is nou vir jou een groot ge­mors. Wat jul­le ook al be­sluit, moet nooit dink dat dit ’n goeie i­dee is om die waar­heid van die pa weg te hou nie. Dit sal net op ’n ramp uit­loop. Sor­teer jy ook eers jou kop uit en be­sluit of jy haar kan ver­ge­we en of jy die kind sal kan aan­vaar. Wan­neer jy dié ant­woor­de het, sal jul­le saam ’n plan kan be­raam om die an­der ou oor die ba­ba in te lig. Wat hy met die in­lig­ting doen, is sy saak. Ek weet net dat dit nie wys is om ge­hei­me te hou nie, want sul­ke goed kom al­tyd uit en dit sal vir nie­mand goed wees nie. Ont­hou net dat die kind heel­te­mal on­skul­dig is in die saak en dat die ba­ba baie lief­de en aan­dag no­dig sal hê. As jy dan nog kans sien om pa te staan vir ’n an­der man se kind, is dit dalk nou die ge­leent­heid wat jy ge­soek het om ’n bon­del­tjie vreug­de in jou le­we te hê, al is die om­stan­dig­he­de rond­om dit nie i­de­aal nie.

Vraag SYWORD GEBOELIE

Ek het huis­hou­de­li­ke pro­ble­me met drie kin­ders en ’n skoon­sus­ter wat my boe­lie. My man vat haar kant en soek ook nou ’n psi­gi­a­trie­se hos­pi­taal so­dat hul­le my daar kan op­neem. SLAG­OF­FER

Ant­woord BESTE SLAG­OF­FER

Jy en jou man moet jul eie ver­hou­ding uit­sor­teer. As men­se en familie die heel­tyd in­meng, sal daar al­tyd pro­ble­me wees. Ek ver­staan dat dit nie lek­ker is as jou eie man jou af­staan nie. Dit maak seer, maar weet dat hy eint­lik laf is, want ’n wa­re man sal dit nooit doen nie. Al is jy ver­keerd, moet hy al­leen met jou daar­oor praat en nie an­der men­se be­trek nie. Hy moet ver­al nie van jou ’n spek­ta­kel maak nie; dit is so le­lik van hom. Jy hoef jou nie oor die hos­pi­taal te be­kom­mer nie – ’n dok­ter sal jou eers e­va­lu­eer en ’n psi­gi­a­trie­se ge­val ver­klaar voor hul­le in­rig­tings kan soek, so moe­nie dat hul­le jou af­skrik nie. Ek dink dit is hoog­tyd dat jy stil raak en eer­lik met jou­self is oor of jy reg­tig nog met die man wil wees. Mens kan ook nie net ’n slaan­sak wees nie, ie­wers moet die lig weer skyn. Die ding van boe­lie is baie erg en jy moet jou­self ver­de­dig. Praat ook met ie­mand wat jy kan ver­trou en wie jou dalk kan help. Jy kan ook ’n saak teen hul­le aan­han­gig maak. Al is jou kin­ders be­trok­ke, is dit steeds nie re­de vir jou om die nag­mer­rie te aan­vaar nie.

Vraag OU LIEF­DE BLOMWEER

Ek en my eer­ste kê­rel het me­kaar ná 15 jaar weer be­gin sien. Ons is nog lief vir me­kaar, maar se­ke­re men­se soos sy kin­ders, sê nee vir dié ver­hou­ding. T­WEE­DE KANS

Ant­woord BESTETWEEDE KANS

Men­se sal al­tyd in jou le­we wil in­meng, maar dit is reg­tig jou en jou maat se be­sluit of jul­le reg is vir me­kaar en of jul­le in ’n ver­hou­ding wil wees. Ja, dit is moei­lik om men­se, ver­al jou familie en vrien­de, te hoor kla of jou af te breek, maar dié din­ge ge­beur. Dit maak net jul le­we so­veel moei­li­ker, maar bied ook die ge­leent­heid om te sien of jul­le be­doel is vir me­kaar en of jul­le die pad saam kan stap. As jul­le die strui­kel­blok­ke en uit­da­gings kan oor­kom, dan het jul­le twee mos ge­wen en was dit dan al­les die moei­te werd. Jul­le sal mooi oor die saak moet dink en dan dalk sy kin­ders moet na­der. Ek ken nie die ge­skie­de­nis nie en ek is se­ker daar is ’n goeie re­de hoe­kom sy kin­ders nie goed voel oor jul­le nie, maar met die no­di­ge ver­dui­de­li­kings kan jul­le baie be­reik. Sit al­les in en hoop vir die beste.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.