R.I.P. IVAN SIEGELAAR

Kuier - - KUIERHOEKIE -

Die ge­lief­de gospel­san­ger en Ty­ger­berg 104FM-om­roe­per, Ivan Siegelaar (46), het op 2 Maart sy stryd teen klier­kan­ker ver­loor. Ivan was vir by­kans 16 jaar vry­skut-om­roe­per by dié ra­di­o­sta­sie en sy be­moe­di­gen­de ge­be­de was baie ge­wild. Die ge­bo­re Ka­pe­naar het ge­ho­re in Suid-Afrika so­wel as in die bui­te­land ver­maak met sy be­son­der­se stem. Een van die ve­le hoog­te­pun­te in sy suk­ses­vol­le loop­baan as san­ger was toe hy in 2013 saam met die in­ter­na­si­o­na­le san­ger Bar­ba­ra Strei­sand in Am­ster­dam, Ne­der­land, op­ge­tree het. Hy het ook met tal­le paas­li­ke kuns­te­naars op­ge­tree, in­slui­tend Loyi­so Ba­la and Ne­vil­le D. Kui­er- le­sers sal ook ont­hou dat hy by ons Moe­ders­dag­funk­sie en K­ris­mis­kon­sert op­ge­tree het. Rus sag, Ivan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.