SMS

Kuier - - KUIERHOEKIE -

Kui­er- men­se, ek wil net vir jul­le sê ek was nooit ’n lo­ver van boe­ke lees nie, maar van­dat ek my ma se Kui­er ge­steel het net om deur te blaai, toe kon ek dit dood­een­vou­dig net nie neer­sit nie. Ek kan my oë nie van jul tyd­skrif af­haal nie. Van­dag sit ek met my eie wen­ke-boek te dan­ke aan jul­le. Hou so aan. ROSALINE ROOI, KIMBERLEY

Baie dan­kie Bel­la La­te­gan van Pa­row-Oos vir die raad van Do­ve-seep en Sa­vlon vir ha­re. Dit werk soos ’n bom. ELLEN HEYNES, KUILSRIVIER

Hart­roe­ren­de woor­de van een Kei­moe­siet na ’n an­der. Ek is dank­baar vir jou woor­de Mar­ga­reth Vi­lan­der (Wat die hart van vol is, 22 Fe­bru­a­rie 2017). Ons vroue moet me­kaar u­plift, want ons is vir gro­ter din­ge be­stem. Dan­kie vir jou in­spi­re­ren­de en mo­ti­ve­ren­de woor­de, ver­al die gees­te­li­ke ge­deel­te. God se­ën jou. LEATITIA WILLEMSE, KEIMOES

My hart is stuk­kend vir die da­me wat 22 Fe­bru­a­rie se Wat die hart van vol is ge­skryf het. Dit lyk kom­pleet as­of ek nog die tra­ne sien. Sy is so u­niek om deur God self ver­troos te word. Die feit dat men­se nog neer­sien op ba­ba­lo­se vrou­ens is ’n be­wys dat hul­le nog nie God as Ver­los­ser ken nie. Die da­me se prag skyn uit haar hart en ek sa­lu­eer haar om­dat sy God se gro­ter plan vir haar le­we ont­dek het. BRENDA STEYN, UITENHAGE

Ai Aunt Clair, as ek net vir u sien, dan trek my hart op ’n knop (Wrag­tig ’n won­der­werk, 8 Maart 2017). Jy is reg­tig ’n won­der­vrou. Me­sa­die en oom Tom was in en uit by my. Die He­re het u reg­tig ge­dra en mag God u en die kin­ders nog ver­der dra. MARY-ANN, GROENHEUWEL

Ek sit hier en huil oor S­ha­ne Wit­booi (Klap­per kel­der kind se kan­se, 8 Maart 2017). Wat­se ti­pe mens maak ’n kind so seer? S­ha­ne, die tan­nie bid dat God jou vol­ko­me sal ge­nees van jou oor­bly­wen­de won­de, my skat. Ont­hou jy is kos­baar. AMANDA STANDER, SPRINGS

Ek lees nou die sto­rie“Klap­per kel­der kind se kan­se”(8 Maart 2017) en my hart is só seer. Ek het nie woor­de nie. Dis ’n baie ge­me­ne en wre­de daad. Wat­ter op­voe­ding het daar­die men­se ge­had? En R500 borg­tog is ’n jo­ke. Hul­le het geen ge­na­de vir S­ha­ne ge­had nie. AUDREY KLEINSCHMIDT, PAARL

Ek’s ook ’n ou­ma en as ek S­ha­ne se wre­de, hart­seer sto­rie lees (Klap­per kel­der kind se kan­se, 8 Maart 2017), dan wens ek dat ek al die mis­da­di­gers van die land in ’n groot lug­bal­lon kan sit en kan laat op­styg. Dan kan ons kin­ders weer vry speel saam met hul maat­jies en ons kan saans rus­ti­ger slaap. S­ha­ne, ek wens jou en jou fa­mi­lie sterk­te toe. CHRISTA OOSTHUIZEN, BRITS

Ek wil graag vir S­ha­ne en sy fa­mi­lie (Klap­per kel­der kind se kan­se, 8 Maart 2017) in ge­bed tree dat ons He­mel­se Va­der hom sal aan­raak en ge­nees. Hy ver­dien nie die ly­ding, nog min­der sy ge­lief­des. ANNATJIE NOORDMAN, SPRINGS

Ek dink daar­die twee jong­man­ne weet wat hul­le ver­keerd ge­doen het (Klap­per kel­der kind se kan­se, 8 Maart 2017) en hul­le moet hul me­die­se fonds ge­bruik om die kind te help. SULIMAN SALIE, WORCESTER

Baie baie dan­kie vir al die mooi sto­ries. Ai, dis so hart­seer oor die seun met die klap­per (Klap­per kel­der kind se kan­se, 8 Maart 2017) en die kan­kerkind (K­leu­ter nou kan­ker­vry, 8 Maart 2017) en die seun wat in die on­ge­luk was (Be­se­rings nie sy baas, 8 Maart 2017). Jul­le al­mal is baie dap­per en glo dat God jul­le sal deur­dra. Dan­kie vir die lees­stof, ek mis nie my Kui­er nie! N.S. Ek ge­niet Suid­oos­ter baie en hoop dit bly som­mer nog baie lank op TV. ANNETTE JONKER, VANDERBIJLPARK

Ek is baie dank­baar vir Kui­er, want dit is eer­lik­waar ’n goeie tyd­skrif. Dis skoon en be­vat baie nut­ti­ge lees­ma­te­ri­aal: Van die wen­ke, re­sep­te tot wa­re le­wens­dra­mas van men­se soos ek en jy. Vir my om my

Kui­er oop te maak, is soos om my voor­deur oop te maak en al my vrien­de in te nooi en te ge­sels oor alles en nog wat en lek­ker saam te kui­er. Dan­kie aan al­mal wat by­dra om van Kui­er ’n suk­ses te maak. Ek weet dat die He­re jul­le al­mal al­reeds ge­se­ën het. Baie dan­kie vir jul har­de werk. ANGELIQUE DIETRICH, DELFT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.