Ant­woor­de ge­gee

Kuier - - WENKE -

As jy dui­se­lig of lig­hoof­dig is, eet ’n pie­sang en drink ’n glas Co­ke ag­ter­na. RIKA SWIEGERS, POTCHEFSTROOM

Om jou na­els ster­ker te maak, los twee tee­le­pels ge­la­tien in ’n kop­pie kook­wa­ter op en drink sog­gens. Gooi ’n klein bie­tjie sui­ker of heu­ning by om die smaak te ver­be­ter. Jou na­els sal bin­ne ’n week ster­ker wees. JOYCE DAMONS, EERSTERUST

As jy bles word, gooi ’n bie­tjie whis­key op jou hand en smeer so twee of drie keer per week waar die ha­re dun raak. MARTHA PIETERSE, ROBERTSON

As jou voe­te in ’n toe-skoen sweet, sit ’n pan­ty­li­ner in die skoen. Dit help om die sweet te ab­sor­beer. CECELIA ST CLAIR, EERSTERIVIER

Om droë ha­re te be­vog­tig, meng ½ kop­pie heu­ning en 1 eet­le­pel o­lyf­o­lie en smeer aan jou klam ha­re. Hou 10 mi­nu­te aan en spoel af met warm wa­ter. Doen dit maan­de­liks. CARMEN SCHOLTZ, PORT ELIZABETH

Wan­neer jy met vleis of vis werk en die vlieë is las­tig, ras­per ’n ui in ’n pie­ring en laat staan daar waar jy be­sig is. MAUREEN PETERSE, PACALTSDORP

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.