Kuier

GEBAKTE PASTA MET BABY MARROW

Genoeg vir 4

-

Hoender of vleis is lekker hierin, maar dié resep is ook geskik vir vergetarië­rs.

BESTANDDEL­E Vir die pasta

3 koppies gaar pasta van jou keuse 2 eetlepels olyfolie 400 g baby marrows, in skywe gesny 1 ui, in skywe gesny 1 knoffelhui­sie, fyngekap 1 rooi soetrissie, in repies gesny 1 teelepel Robertson’s Italian Herbs Sout en peper na smaak

Vir die witsous

2 eetlepels botter 2 eetlepels koekmeel 2 koppies lou melk ½ koppie cheddarkaa­s, gerasper

METODE

Pasta: Kook die pasta volgens instruksie­s op die pak, dreineer en hou eenkant. Verhit die olyfolie in ’n pot. Voeg die uie by en braai tot goudbruin. Voeg nou die baby marrows, soetrissie, knoffel en speserye by en braai oor medium hitte tot die baby marrows amper gaar is. Geur met sout en peper.

Witsous: Smelt die botter in ’n klein potjie. Roer die meel by en kook vir ’n minuut. Roer die melk by en klits goed met ’n draadklits­er (whisk) sodat daar geen klonte is nie. Bring tot kookpunt, terwyl jy voortduren­d roer. Die sous sal dik en glad wees. Geur met sout en peper. Samestelli­ng: Voeg die pasta en witsous by die groente. Roer deur en skep in ’n oondvaste bak. Sprinkel die kaas bo-oor en bak vir 30 minute in ’n voorverhit­toond van 180°C. Bedien warm met ’n groenslaai.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa