BUTTERBEAN-KERRIE

Kuier - - IN DIE KOMBUIS -

Ge­noeg vir 4

BESTANDDELE

2 uie, grof­ge­kap 2 eet­le­pels kook­o­lie 600 g sto­we lams­vleis 2 blik­ke But­ter Be­ans in Cur­ry sau­ce 1 kop­pie wa­ter Sout in­dien no­dig ’n Hand­vol vars dha­nya, ge­kap

METODE

Voor­ver­hit die oond tot 160°C. Ver­hit die o­lie in ’n oond­vas­te pot en braai die uie tot sag en deur­sky­nend. Voeg die vleis by en ver­bruin. Voeg 1 kop­pie wa­ter by, sit die dek­sel op en sit die pot in die oond vir 30 mi­nu­te. Haal die pot uit en voeg die boon­tjies met sous en al by die vleis. Plaas in die oond vir ’n ver­de­re 30 mi­nu­te. Geur met sout in­dien no­dig. Voeg die dha­nya by en be­dien warm met Jas­myn­rys.

WENK:

Hier­die ge­reg werk ewe goed met vark-, lams-, bees­vleis of hoen­der. Jy kan dit ook op die stoof maak, as jy kans sien om die pot die he­le tyd dop te hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.