HOEN­DER EN GE­MENG­DE SOET­RIS­SIE-CASSEROLE

Kuier - - IN DIE KOMBUIS -

Ge­noeg vir 4

BESTANDDELE

8 hoen­der­boud­jies (of e­ni­ge an­der snit­te van jou keu­se) 2 rooi­uie, grof­ge­kap 3 knof­fel­hui­sies, ge­kap 1 elk rooi en geel soet­ris­sie, in re­pies ge­sny ¼ kop­pie ge­sny­de chi­ves (gras­uie) 1 blik ge­kap­te ta­ma­ties 3 eet­le­pels o­lyf­o­lie 2 eet­le­pels pa­pri­ka (meer of min­der na smaak) 1 tee­le­pel jeera Sout en pe­per na smaak 1 kop­pie room

METODE

Geur die hoen­der met sout, pa­pri­ka en jeera. Laat rus vir so 5 – 10 mi­nu­te. Ver­hit die o­lyf­o­lie in ’n oond­vas­te ka­strol. Braai die uie, knof­fel en soet­ris­sies lig­gies saam in 2 eet­le­pels o­lyf­o­lie. S­kep uit en hou een­kant. Voeg nou die oor­bly­wen­de eet­le­pel o­lyf­o­lie by die pot. Voeg die hoen­der by en braai tot goud­bruin aan die bui­te­kant. Gooi nou die ui­e­meng­sel, chi­ves, ge­kap­te ta­ma­ties en room by die hoen­der. Plaas die dek­sel op en bak vir 45 mi­nu­te in ’n voor­ver­hit­te oond van by 180°C. Be­dien saam met vars­ge­bak­te brood of rys. Dit kan ook saam met pasta of mas­hed po­ta­toes be­dien word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.