OOSTERSE BEES­VLEIS EN BROCCOLI-GE­REG

Kuier - - IN DIE KOMBUIS -

Ge­noeg vir 2 – 4

BESTANDDELE

300 g ten­de­ri­sed ste­ak of S­cotch-fil­let, in dun re­pies ge­sny ½ kop broccoli in blom­me­tjies ge­breek 1 ui, grof­ge­kap 1 eet­le­pel vars gem­mer­wor­tel, ge­ras­per ½ rooi soet­ris­sie, in re­pies ge­sny ¼ kop­pie so­ja­sous 2 eet­le­pels Mai­ze­na ½ tee­le­pel ris­sie­vlok­kies 1 eet­le­pel vars dha­nya, ge­kap

METODE

Meng die gem­mer, so­ja­sous, Mai­ze­na en ris­sie­vlok­kies in ’n meng­bak en laat staan vir so 15 mi­nu­te. Stoom die broccoli lig­gies tot am­per gaar maar nie sag of pap nie. Drei­neer en hou een­kant. Ver­hit ’n braai­pan oor hoë hit­te en braai die vleis vin­nig tot gaar. S­kep uit en hou een­kant. Braai nou die ui en soet­ris­sie in die­self­de pan tot gaar maar nog kra­ke­rig. Voeg nou die broccoli by en dan die vleis. In­dien no­dig, voeg ’n skeut­jie wa­ter by die pan om ’n sou­sie te maak. Gar­neer met dan­ja en be­dien warm met ge­stoom­de Jas­myn­rys of noe­del­pas­ta.

Heer­li­ke Vry­dag­aand­ge­reg wat mak­lik in groot­maat be­rei kan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.