PAMPOENTERT

Kuier - - IN DIE KOMBUIS -

Ge­noeg vir 4 – 6

BESTANDDELE

2 kop­pies gaar pam­poen 1 x blik I­de­al-melk 2 ei­ers ¾ kop­pie bruin­sui­ker ½ tee­le­pel fyn gem­mer ½ tee­le­pel fyn ka­neel ¼ tee­le­pel fyn nut­meg (neut­mus­kaat) ½ tee­le­pel sout 1 rol klaar­be­rei­de puff pa­stry (bros­kors­deeg) Bot­ter vir smeer

METODE

Voor­ver­hit die oond tot 200°C. Smeer ’n oond­vas­te tert­bak met bot­ter. Voer die bak met die deeg. Plaas al die bestanddele saam in ’n meng­bak en meng deur met ’n draad­klit­ser (whisk). Giet die be­slag in die kors en s­prin­kel lig­gies met ek­stra fyn ka­neel. Bak vir 40 mi­nu­te of tot ’n mes­punt skoon uit die tert kom. Be­dien as by­kos saam met vleis of as na­ge­reg met ge­klop­te room en stroop.

Slaan jou gas­te se voe­te on­der hul­le uit met hier­die smaak­li­ke ma­nier om pam­poen voor te sit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.