ROMERIGE HOEN­DER-EN-SAMPIOEN

Kuier - - HUISKOK MET KOO -

Ge­noeg vir 6 – 8

BESTANDDELE Vir die hoen­der

4 hoen­der­bor­sies, in die leng­te ge­hal­veer 250 g sam­pi­oe­ne, ge­hal­veer 2 eet­le­pels hoen­der­spe­se­rye 1 rooi soet­ris­sie, in re­pies ge­sny 1 eet­le­pel fyn knof­fel 1 ring fe­ta­kaas Sout en pe­per na smaak

Vir die sous

½ kop­pie melk 1 x 250 g-hou­er room 1 pak­kie cre­am of mushrooms­op­poei­er Kol­jan­der vir gar­ne­ring

METODE

Hoen­der: Geur die hoen­der met die hoen­der­spe­se­rye en sout en pe­per en pak in ’n oond­bak. Voeg dan die sam­pi­oe­ne, soet­ris­sie en knof­fel by en s­prin­kel die fe­ta bo-oor.

Maak die sous: Meng die melk, room en sop­poei­er en giet dit oor die hoen­der. Bak dan vir 40 – 45 mi­nu­te in ’n voor­ver­hit­te oond van 180°C. Gar­neer met kol­jan­der en be­dien met ’n lek­ker slaai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.