Oe, my aar­de!

Die aar­de lyk dalk van die oog af soos ’n bal, maar as jy die­per kyk is dit eint­lik ’n baie fas­si­ne­ren­de pla­neet én die e­nig­ste een met le­we daar­op.

Kuier - - JOU KIND EN SKOOL - DEUR shir­mo­ney rho­de

Toe die A­me­ri­kaan­se Ruim­te-a­gent­skap (NASA) se ruim­te­vaar­ders in 1972 die eer­ste fo­to van die aard­bol ge­vat het, was dit ’n baie mooi prentjie om te aan­skou. Hul­le het die fo­to“The Blue Mar­ble”ge­doop om­dat, van­waar hul­le 45 000 km weg van die aar­de af was, dit vir hul­le soos ’n blou al­bas­ter ge­lyk het. Be­hal­we dat die aar­de prent­jie­mooi van­uit die ruim­te is, is daar baie an­der din­ge wat ons moet weet oor ons pla­neet. Die aar­de is ui­ters u­niek en daar is baie as­pek­te wat dit on­der­skei van an­der pla­ne­te in ons son­ne­stel­sel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.