Hoe lyk ons pla­neet?

Kuier - - JOU KIND EN SKOOL -

As ons die aard­bol moet op­sny, sal ons sien dat die aar­de uit drie lae be­staan: Aard­kors, aard­man­tel en aard­kern.

Die eer­ste laag is die aard­kors, m.a.w. die aar­de se op­per­vlak­te. 75% hier­van is met wa­ter be­dek, wat die o­se­a­ne, ri­vie­re en me­re in­sluit. Hier­die wa­ter­bron­ne staan be­kend as die vloei­ba­re hi­dro­sfeer.

Die an­der 25% van die aar­de se op­per­vlak­te is droë land wat as die li­to­sfeer be­kend staan.

Die twee­de laag is die aard­man­tel. Dit be­staan uit war­me vas­te­stow­we wat ook vloei­baar is en dit is soos ’n taai teer on­der die grond.

Die der­de laag van die aard­bol is die kern wat twee de­le het: Die bui­te­kern en dié deel is vloei­baar. Die twee­de deel is die bin­ne­kern en hier­die deel is so­lied en be­staan hoof­saak­lik uit ys­ter en nik­kel.

Die af­stand rond­om die aar­de (deur­snee) is 12 760 kms.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.