Vas­te­lan­de

Kuier - - JOU KIND EN SKOOL -

’n Vas­te­land word ook ’n kon­ti­nent ge­noem. Dis ’n groot land­mas­sa (’n aan­me­kaar stuk land). Daar is se­we kon­ti­nen­te in die wê­reld, naam­lik: Noord-A­me­ri­ka, Suid-A­me­ri­ka, A­sië, Aus­tra­lië, Afrika, Ant­ark­ti­ka en Eu­ro­pa. Ant­ark­ti­ka is by die Suid­pool ge­leë, met ys be­dek en is heel­te­mal on­be­woon­baar, be­hal­we vir we­ten­skap­li­kes by weer­sta­sies wat ty­de­lik daar woon. A­sië is die grootste kon­ti­nent en is by­na vyf keer so groot soos die klein­ste kon­ti­nent, Aus­tra­lië. Ons kon­ti­nent, Afrika, is die twee­de grootste. Hoe­wel ons van­dag se­we kon­ti­nen­te in die wê­reld het, is daar baie we­ten­skap­li­kes wat kan be­wys dat die wê­reld nie al­tyd so ge­lyk het nie. So­wat 300 mil­joen jaar ge­le­de het die li­to­sfeer van die wê­reld slegs be­staan uit een su­per­kon­ti­nent wat die Pan­ga­ea ge­noem was.

Die Pan­ga­ea was om­ring deur een en­ke­le o­se­aan wat die Pant­ha­las­sa ge­noem was. Vol­gens we­ten­skap­li­kes is die te­o­rie van plaat­tek­to­niek ver­ant­woor­de­lik vir die Pan­ga­ea-skei­ding.

Die aar­de se li­to­sfeer is in tek­to­nie­se pla­te ver­deel wat on­af­hank­lik van me­kaar op die aard­man­tel rond­be­weeg. Daar is so­wat se­we of agt groot tek­to­nie­se pla­te en tal­le klei­ner pla­te. Aard­be­wings en vul­ka­ne vind dik­wels plaas by die gren­se van hier­die pla­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.