Speel klaar met ver­skil­le

Dis ge­sond vir jou en jou maat om oor se­ke­re goed te ver­skil, maar sorg dat dit nie te groot is en jul ver­hou­ding kel­der nie.

Kuier - - VERHOUDINGS - DEUR Il­la­na Frantz

Op­po­si­tes at­tract, lui die ge­seg­de. Jou teen­oor­ge­stel­de laat jou goed doen wat bui­te jou ge­mak­so­ne is en om nu­we din­ge te er­vaar. Dis soms ’n lek­ker ver­an­de­ring as jy ge­woond daar­aan is om iets op een ma­nier te doen en dan kom ie­mand in jou lie­we wat dit heel­te­mal an­ders doen.

Aan die be­gin mag jy dit dalk ou­lik vind, maar wat as die klein ver­skil­le tus­sen jul­le jou na­der­hand be­gin ir­ri­teer? Is jul­le dalk té op­po­si­te en kan jul­le ’n mid­de­weg vind om dit te oor­kom?

VER­STAAN me­kaar

Hay­le­ne* (33) en A­dam* (39) Jan­sen van Mil­ner­ton in die Kaap, het in Ja­nu­a­rie van­jaar hul“I do’s”ge­sê en moet nou el­ke dag de­al met die uit­da­gings van ge­trou­de le­we. Hul­le het by ’n braai by vrien­de se huis ont­moet en vir drie en ’n half jaar uit­ge­gaan.

Hay­le­ne be­skryf haar­self as ’n out­going, spraak­sa­me mens en ie­mand wat baie spon­taan en flex­i­ble is. A­dam sê hy is pre­sies, soms hard­kop­pig en doen din­ge op sy ma­nier. Hy ken die ver­skil tus­sen reg

en ver­keerd, leef daar­vol­gens en dus is daar geen grys a­re­as nie. Maar van­dat hul­le on­der een dak woon kom die ver­skil­le tus­sen hul­le al hoe meer na vo­re.

“Ek gee by­voor­beeld glad nie om as men­se on­ver­wags by ons huis op­daag nie. My man is eg­ter an­ders en wil voor­af ge­waar­sku word. Hy hou nie van ver­ras­sings nie en wil al­tyd voor­be­reid wees.

“Hy is ook ’n per­fek­si­o­nis en wil hê din­ge moet op ’n se­ke­re ma­nier ge­doen word – ons bed moet op ’n pre­sie­se ma­nier op­ge­maak word en sy was­goed moet ook op ’n spe­si­fie­ke ma­nier op­ge­vou word,”sê Hay­le­ne.

A­dam aan die an­der­kant hou weer daar­van om die huis van ’n se­ke­re punt te be­gin skoon­maak; hy was en droog gla­se af op ’n se­ke­re ma­nier en hy hou van die toi­let­dek­sel plat, ter­wyl sy vrou dit op ver­kies.

Hay­le­ne sê sy was be­wus van din­ge­tjies wat hy so spe­si­fiek ge­doen wil hê, maar dis ’n heel an­der sto­rie as jy eers ge­troud is en on­der die­self­de dak bly. Maar saam­bly voor die troue was eg­ter nooit vir haar ’n op­sie nie om­dat dit nie oor­een­stem met haar gees­te­li­ke be­gin­sels nie, ter­wyl A­dam ’n voor­stan­der van dié i­dee is.

“Die i­dee kom van vo­ri­ge ge­ne­ra­sies af en dis hoe ons groot­ge­maak is, maar ek dink dis goed om eers op jou eie uit te gaan en stand­vas­tig te wees. Saam­bly is ook voor­de­lig, want dan kan jul­le reeds voor die tyd daar­aan ge­woond raak om ’n spa­sie te deel en die klein pro­bleem­pies uit­stryk,”sê A­dam wat vier jaar op sy eie ge­bly het.

MAAK WERK DAAR­VAN

Die Jan­sen-eg­paar glo dit kos ge­reel­de kom­mu­ni­ka­sie en kom­pro­mie van al­bei par­tye om din­ge te maak werk wan­neer daar wry­wing oor ver­skil­le is. Hay­le­ne sê dit is nog­al ’n aan­pas­sing, want dis nie meer ’n ge­val van jy kan na jou ma se huis gaan as din­ge tus­sen jul­le nie lek­ker is nie. Al­twee moet ’n be­sluit neem dat hul­le deur die haak­plek wil werk. En selfs op dié punt ver­skil hul­le. “Ek ver­kies om eer­der te gaan slaap wan­neer ons stry en dan die vol­gen­de dag weer daar­oor te praat wan­neer ek meer kalm en my ge­dag­tes ag­ter­me­kaar is.

“A­dam aan die an­der­kant is weer een wat din­ge da­de­lik wil uit­sor­teer, so­dat ons kan aan­be­weeg. Ek glo om nie iets kwyt te raak uit kwaad­heid nie, want dit sal net nog meer ska­de aan­rig.”

Maar al­bei is dit eens dat wan­neer jy ge­troud is, is jy meer com­mit­ted aan jou we­der­helf en om din­ge te laat werk. Hul­le glo kom­mu­ni­ka­sie en kom­pro­mie is die sleu­tel, want an­ders as toe jul­le nog uit­ge­gaan het, kan jy nie net jou goed­jies vat en loop nie.

“Ons is maar nog nuut in die ding (hu­we­lik), so ons vat dit dag vir dag en werk din­ge uit soos ons aan­gaan. ’n Mens moet be­sluit aan wat­ter is­su­es jy aan­dag moet gee en wat jy lie­wer gaan laat s­li­de.

“Ek voel ook paar­tjies moet meer o­pen­lik wees oor die uit­da­gings wat hul­le er­vaar. Dis nie iets om oor skaam te wees nie, maar as meer men­se daar­oor praat en die jong ge­trou­des raad­gee om strui­kel­blok­ke te oor­kom, sal daar ook min­der eg­skei­dings wees,”sluit A­dam af.

HAN­TEER DIT SÓ

Bry­an Hel­l­mann, ’n k­li­nie­se siel­kun­di­ge van See­punt in die Kaap, sê men­se raak in­der­daad aan­ge­trok­ke tot men­se wat ver­skil­lend van hul­le is om­dat die twee e­le­men­te me­kaar aan­vul. Hy sê eg­ter dit is meer ge­ba­seer op jou be­geer­te vir die an­der per­soon, eer­der as jul me­nings en waar­des.

“Dis ’n goeie ding as paar­tjies ’n bie­tjie teen­oor­ge­stel­de van me­kaar is, want nie net is jy aan­ge­trok­ke tot ie­mand wat nie die­self­de be­lang­stel­lings as jy het nie, jy word ook bloot­ge­stel aan ’n an­der wê­reld en an­der moont­lik­he­de wat jy nie nood­wen­dig sou er­vaar het as dit nie vir daar­die per­soon was nie.”

Hy sê ook die vlak van jou ver­hou­ding, of jul­le so­pas be­gin da­te het of in ’n lang­ter­myn ver­hou­ding is, sal ook be­paal hoe erns­tig jul­le jul ver­skil­le moet op­neem.

“Aan die be­gin van ’n ver­hou­ding sit ’n mens mos maar die bes­te voet­jie voor, maar soos jul­le me­kaar leer ken, moet jul­le be­paal wat­ter ver­skil­le jul­le aan kan werk en wat on­on­der­han­del­baar is. Jul­le moet uit­sluit­sel hê oor din­ge soos ge­loof, hoe­veel kin­ders in­dien wel, hoe jul­le die kin­ders gaan groot­maak, jul geld­sa­ke ens. want dit kan po­ten­si­ë­le pro­ble­me voor­spel in­dien jul o­pi­nies hier­oor groot­liks ver­skil.

“Jul­le hoef nie oor als saam te stem nie, maar jul­le moet ’n oor­een­koms be­reik het.”

Bry­an be­klem­toon dat daar ’n ba­lans moet wees tus­sen jul een­ders­heid en teen­oor­ge­steld­heid. Hy ge­bruik die voor­beeld van as een par­ty angs­tig­heid er­vaar en die an­der een is ge­neig om meer koel­kop te bly, kan laas­ge­noem­de die an­der by­staan en op koers hou, in plaas daar­van dat al­bei saam die af­grond in ploe­ter.

Hy stel voor paar­tjies wat erns­tig is oor me­kaar, moet eers saam­bly nog voor­dat hul­le ver­loof raak, want dit gee jou ’n i­dee van die re­a­li­teit van ge­trou­de le­we met daar­die per­soon. Hy ge­bruik die me­ta­foor van va­kan­sie hou in Lon­den: Jy ge­niet jou tyd­jie daar en be­sluit om daar te gaan bly. Maar skaars vyf mi­nu­te ná jy daar aan­ge­kom het, is jy mis­moe­dig en wil te­rug huis toe gaan.

“Jy moet eers die wa­re din­ge van ’n lang­ter­myn­ver­hou­ding er­vaar. As jy net ’n paar aan­de ’n week en na­we­ke met jou maat span­deer, is dit soos die ho­ney­moon-fa­se. Jy moet met daar­die per­soon wak­ker word en saam met hul­le in hul na­tuur­li­ke ha­bi­tat wees. In­dien nie, gaan jy ’n groot skok kry die dag dat jul­le saam in­trek.”

HY GEE DIÉ WEN­KE

Kom­mu­ni­ka­sie is die sleu­tel. In­dien jou maat iets doen wat jou ir­ri­teer, moet jy hom daar­van ver­tel eer­der as om dit op te krop, want dit kan la­ter ver­keerd uit­kom.

Neem ei­e­naar­skap van die din­ge wat jou ir­ri­teer en be­skryf dan hoe­kom dit jou ir­ri­teer. Dalk het dit te doen met iets wat in jou ver­le­de ge­beur het en jou maat sal dan din­ge be­ter ver­staan.

Wan­neer jy jou kom­mer­nis­se oor­dra, doen dit op ’n nie-aan­val­len­de ma­nier. Be­gin jou sin­ne met“Ek voel…”in plaas van “Jy laat my voel…”

Die gras is al­tyd groe­ner aan die an­der­kant en dis mak­lik om moed op te gee. Jy mag dalk ie­mand an­ders ont­moet wat jy voel jou be­ter ver­staan en wat nie daar­die din­ge doen wat jou maat doen nie, maar daar­die per­soon het dalk an­der din­ge­tjies wat jou la­ter jou ha­re uit jou kop uit sal laat trek.

Dis soms no­dig om ’n der­de par­ty in te kry as die ver­skil­le te veel word. Gaan sien ’n hu­we­liks­be­ra­der of selfs jou pre­di­kant, do­mi­nee of rab­bi. * S­kuil­naam

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.