MINCE-EN-LENSIEGEREG

Kuier - - IN DIE KOMBUIS -

Ge­noeg vir 4 BE­STAND­DE­LE

250 g beef mince 2 eet­le­pels o­lyf­o­lie ½ kop­pie stre­pie­spek, in klein stuk­kies ge­sny 1 x blik bruin len­sies, ge­drei­neer en af­ge­spoel 1 groot ui, grof­ge­kap 2 knof­fel­hui­sies, ge­ras­per ½ kop­pie rooi soet­ris­sie, in blok­kies ge­sny 1 kop­pie hoen­der­af­trek­sel Sout en pe­per na smaak ’n Hand­vol vars pie­ter­sie­lie, ge­kap

ME­TO­DE

Ver­hit die o­lyf­o­lie in ’n diep pan en braai die spek tot bros. Skep die spek uit en hou een­kant. In die­self­de pan, braai nou die ui, knof­fel en soet­ris­sie tot sag. Voeg nou die mince by en braai op hoë hit­te. Roer voort­du­rend so­dat daar nie klon­te vorm nie. Voeg nou die spek en hoen­der­af­trek­sel by en bring tot kook­punt. Ver­laag hit­te en prut tot die mees­te vloei­stof weg­ge­kook het. Voeg nou die len­sies by, geur met sout en pe­per en prut vir nog 5 mi­nu­te met die dek­sel op. Roer die pie­ter­sie­lie by en be­dien met bruin­rys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.