VARKTJOPS MET APPELSOUS

Ge­noeg vir 4

Kuier - - IN DIE KOMBUIS -

BE­STAND­DE­LE Vir die appelsous

4 groen ap­pels 1 ka­neel­stok 2 eet­le­pels suur­le­moen­sap ¼ kop­pie sui­ker 1 kop­pie wa­ter ’n K­nip­pie sout

Vir die varktjops

4 vark­len­de­tjops Sout en pe­per na smaak 2 tak­kie vars sa­lie of 1 tee­le­pel ge­droog­de sa­lie 2 eet­le­pels o­lyf­o­lie

ME­TO­DE

Appelsous: Plaas die ka­neel, suur­le­moen­sap, sui­ker, wa­ter en sout in ’n me­di­um­groot­te pot en bring tot kook­punt. Skil die ap­pels, ver­wy­der die pit­te en sny in blok­kies. Voeg die ap­pel­blok­kies by die stroop­meng­sel en bring tot kook­punt. Ver­laag dan die hit­te en prut tot sag. Ver­wy­der die ka­neel­stok en laat die meng­sel ef­fens af­koel. Skep in ge­ste­ri­li­seer­de fles­se en laat af­koel. Die sous kan vir tot ’n week in die ys­kas ge­bê­re word.

Varktjops: Ver­hit ’n rif­fel­pan oor ma­ti­ge hit­te. S­meer die tjops met o­lyf­o­lie en geur met sout en pe­per. Plaas die tjops op die warm pan en braai tot lek­ker bruin. Draai om en doen die­self­de aan die an­der­kant, maar plaas die sa­lie on­der die vleis om die geur vry te stel. Maak se­ker dat die vleis goed gaar is, maar nie droog nie. Skep uit en laat rus die vleis vir 5 mi­nu­te, voor­dat jy dit op­dien te­sa­me met die appelsous en groen­te van jou keu­se. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.