HADDOCK-VISKOEKIES MET KAASSOUS

Ge­noeg vir 4 – 6

Kuier - - IN DIE KOMBUIS -

BE­STAND­DE­LE Vir die viskoekies

2 kop­pies gaar haddock, in stuk­kies ge­sny ½ ui, ge­ras­per 1 ei­er, lig­gies ge­klits 1 kop­pie gaar aar­tap­pel, fyn­ge­druk Vars­ge­maal­de swart­pe­per 2 eet­le­pels vars pie­ter­sie­lie, ge­kap ½ tee­le­pel knof­fel­sout O­lie vir vlak­braai

Vir die kaas­ous

1 eet­le­pel bot­ter 1 eet­le­pel koek­meel 1 kop­pie warm vol­room­melk 1 kop­pie ched­dar­kaas, ge­ras­per ’n K­nip­pie sout

ME­TO­DE

Viskoekies: Plaas die gaar vis, ui, ei­er, aar­tap­pel, pe­per, pie­ter­sie­lie en knof­fel­sout saam in ’n meng­bak. Meng lig­gies met ’n vurk tot dit al­les goed ge­meng is. Rol in bal­le­tjies en druk lig­gies plat. Ver­hit ge­noeg o­lie in ’n pan om die viskoekies in te bak. Bak die viskoekies tot deur­gaar en goud­bruin aan die een­kant. Draai ver­sig­tig om en doen die­self­de met die an­der­kant. D­rei­neer op kom­buis­pa­pier.

Kaassous: S­melt die bot­ter in ’n klein pot­jie. Voeg die meel en sout by en roer vir 1 mi­nuut. Voeg die melk by en roer vin­nig om te ver­hoed dat daar klon­te vorm. So­dra die sous ver­dik en kook, ver­laag die hit­te en prut vir so ’n mi­nuut. Haal van die stoof af en roer die kaas by. Be­dien die warm viskoekies met kaassous en groen­te van jou keu­se.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.