GE­BAK­TE KARAMEL-AP­PELS

Kuier - - PROMOSIE -

Ge­noeg vir 4 – 8 BE­STAND­DE­LE Vir die ka­ra­mel­sous

½ kop­pie strooi­sui­ker 2 eet­le­pels gou­e­stroop 2 eet­le­pels bot­ter ¼ kop­pie room 1 tee­le­pel va­nil­la es­sen­ce

Vir die ap­pels

4 Gran­ny S­mith ap­pels of e­ni­ge ap­pels van jou keu­se 4 eet­le­pels mues­li 1 tee­le­pel fyn ka­neel ’n Hand­vol ge­kap­te neu­te Room­ys, room of vla vir op­die­ning

ME­TO­DE

Ka­ra­mel­sous: Plaas die strooi­sui­ker, stroop en bot­ter saam in ’n pot­jie. Bring tot kook­punt en roer tot al die sui­ker op­ge­los is. Kook saam vir ’n paar mi­nu­te tot­dat dit ’n goue kleur kry. Ver­wy­der van die plaat en roer die room en va­nil­la es­sen­ce by. Hou een­kant om ef­fens af te koel.

Ap­pels: Hal­veer die ap­pels in die leng­te en ver­wy­der die kerns. Pak die ap­pels met die ge­sny­de kant na bo in ’n oond­vas­te bak. Meng die mues­li en ka­neel en sprin­kel oor die ap­pels. Skep nou die ka­ra­mel­sous en neu­te oor die ap­pels. Be­dek die bak met foe­lie en bak in ’n voor­ver­hit­te oond by 180°C vir 30 – 40 mi­nu­te. Laat ef­fens af­koel en be­dien met room­ys, room of vla.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.