JAFFELS MET CORNED BEEF-SMOORTJIE

Kuier - - PROMOSIE -

Ge­noeg vir 4 BE­STAND­DE­LE

2 eet­le­pels son­ne­blom­o­lie 1 blik­kie corned beef, fyn­ge­druk met ’n vurk 1 ui, grof­ge­kap ½ groen soet­ris­sie, in blok­kies ge­sny 1 ta­ma­tie, grof­ge­kap 1 tee­le­pel sui­ker Sout en pe­per na smaak 8 – 10 snye brood, ge­bot­ter aan die een kant

ME­TO­DE

Ver­hit die o­lie in ’n pan en braai die ui en soet­ris­sie tot goud­bruin. Voeg die ta­ma­tie en sui­ker by en prut tot­dat die ta­ma­tie op­ge­breek is en die smoortjie lek­ker by­me­kaar kom. Voeg die corned beef by, roer deur en prut vir nog so paar mi­nu­te. Geur met sout en pe­per by in­dien no­dig. Laat die smoortjie ef­fens af­koel voor­dat jy die jaffels maak. Plaas een sny­tjie brood met die ge­smeer­de kant on­der in die jaf­fel­pan. Skep ’n ruim le­pel­vol van die smoortjie in die mid­del van die brood. Plaas nog ’n sny brood bo-op met die ge­smeer­de kant na bui­te. Maak die jaf­fel­pan toe en sny die oor­tol­li­ge kor­sies en rand­jies af. Plaas die jaf­fel­pan op ’n voor­ver­hit­te stoof­plaat en roos­ter tot goud­bruin. Draai om en roos­ter die an­der­kant ook tot goud­bruin. Haal uit en her­haal met die res van die brood en die smoortjie. Vir af­wis­se­ling, kan jy ge­ras­per­de kaas ook saam met die smoortjie bin­ne-in die jaf­fel sit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.