HOEN­DER-EN-SPINASIE-PAS­TA

Ge­noeg vir 4

Kuier - - PROMOSIE -

BE­STAND­DE­LE Vir die hoen­der­vul­sel

3 hoen­der­fi­let­te 2 eet­le­pels hoen­der­spe­se­rye 250 g spinasie 3 na­el­tjies 2 eet­le­pels tie­mie Sout en pe­per na smaak ½ pak (250 g) ma­ca­ro­ni, gaar­ge­maak vol­gens die in­struk­sies op die pak­kie

Vir die sous

½ kop­pie meel 2 kop­pies melk 2 eet­le­pels bot­ter 1 kop­pie kaas, ge­ras­per Ek­stra kaas

ME­TO­DE

Hoen­der­vul­sel: Geur die hoen­der met sout, pe­per, spe­se­rye en tie­mie en kook saam met die na­el­tjies in ’n bie­tjie wa­ter on­ge­veer 20 mi­nu­te. Pluis die hoen­der uit wan­neer dit gaar is. Kook die spinasie in 750 ml wa­ter met ’n bie­tjie sout. D­rei­neer en druk die oor­tol­li­ge wa­ter uit die spinasie uit. Kap in klein stuk­kies en meng met die hoen­der. Sous: S­melt die bot­ter in ’n pot. Voeg die meel by en roer. Voeg die melk bie­tjie vir bie­tjie by en roer ge­reeld. Voeg die kaas by en roer goed so­dat daar nie klon­te vorm nie. Sa­me­stel­ling: Voeg die hoen­der en ma­ca­ro­ni by die wit­sous in die pot en meng goed. Skep in ’n oond­bak, ras­per nog kaas bo-oor en bak vir 30 mi­nu­te in ’n voor­ver­hit­te oond van 180°C.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.