FA­CE­BOOK

Kuier - - KUIERHOEKIE -

My hart breek vir S­ha­me­a­la se sto­rie (Siek ma se le­we van el­len­de, 22 Maart 2017). Wat kan dan nog ver­keerd loop in haar le­we? Sy is dan nog so jonk! CHARLENE VAN DER MER­WE-JOSEPHS Hi Kui­er- men­se! Ek het geen woor­de vir die Wa­re Lewensdrama“Siek ma se le­we van el­len­de” (22 Maart 2017) nie. Dis so hart­seer; dit laat my huil. Al­les van die bes­te aan die fa­mi­lie. Ont­hou Psalm 55:22. CANDICE MIT­CHELL

Mnr. A­dams, jy lyk prag­tig op die voor­blad (’n Pa se hart­seer, 22 Maart 2017). Jy is my guns­te­ling-ak­teur in die he­le we­rê­ld. Lief jou baie, Abduragh­maan! SHIRLEY ANN OLIVIER

Ek het nou net Abduragh­maan se sto­rie ge­lees (’n Pa se hart­seer, 22 Maart 2017). Ai jin­ne, dis so seer. Ek voel vir hom. S­terk­te aan hom en sy vrou. NICOLENE DA­NIELS MEY­ER

Ons het die vol­gen­de vrae op Fa­ce­book ge­vra: 1. In­dien jy al klein­kin­ders het, voel jy al­tyd dis jou plig om na jou klein­kin­ders om te sien as jy by die huis is? Of voel jy dat hul ou­ers soms ook ie­mand an­ders kan kry om na die kin­ders te kyk? Só het ons le­sers ge­ant­woord:

My pa het my dog­ter­tjie op­ge­pas van­dat sy twee maan­de oud was, aan­ge­sien ek nie meer ’n mam­ma het nie. My pa het self toe­stem­ming ge­vra of hy na my ba­ba mag kyk om­dat jy baie nan­nies kry wat die kin­ders mis­han­del. My dog­ter­tjie is van­dag ses jaar oud en hy kyk nog steeds na haar. Ek is so dank­baar en ge­luk­kig om so ’n pap­pa te hê. KAYLEN A­FRI­KA

Ek voel ou­ers kan ook soms ’n an­der plan maak. Ek is lief vir my klein­kin­ders, maar om se­we dae ’n week na hul­le te kyk, is uit­put­tend. Ek wil ook soms ie­wers heen gaan, maar dan is jy vas, want jy moet die klein­kin­ders op­pas. Ek dink die ou­ers neem som­mer van­self­spre­kend aan dat jy na die kin­ders gaan kyk. Ek sal sê: Vra eers of ons nie ook plan­ne het nie. MA­RIN­DA WELGEMOED HERSELMAN

My klein­kin­ders bly baie ver van my, so ek sal aan­bied om na hul­le te kyk in plaas daar­van dat my kin­ders ’n nan­ny gaan soek – net so­dat ek ’n ek­stra tyd­jie met hul­le kan span­deer. Hul­le is my hart se pun­te! CHAMAGNE CLOE­TE

Ek wens my ma het nog ge­leef om haar klein­kin­ders te kon ge­niet. On­ge­luk­kig is sy weg voor haar klein­kin­ders ge­bo­re is. Sy sou ’n won­der­li­ke ou­ma ge­wees het. LEONA VOIGT

Nee dis nie ons plig nie, maar as groot­ou­ers is dit ’n baie groot ple­sier om die klein­tjie vir ’n paar uur of ’n dag te hê. Hul­le moet net nie ver­geet om hom weer te kom haal nie! MARK STEMMET 2. Wat was die eer­ste ding wat jy al­tyd ge­doen het as jy van die skool af ge­kom het?

My skool­kle­re uit­trek, eet, die was­goed af­haal wat ons gis­ter­aand in die blink­bad ge­was en van­og­gend voor skool op­ge­hang het. Dan maak ek die huis skoon en sit die kos op so­dat my ma kan rus as sy uit die werk uit kom. Skool­werk word saans ge­doen, want ek HAAT huis­werk. Ek was al klein-klein ’n huis­vrou­tjie. JENNIFER GE­OR­GE

Ek het Ric­ky La­ke ge­kyk ter­wyl ek my skool­kle­re uit­trek en el­ke ad­ver­ten­sie in ge­hard­loop kom­buis toe om iets te kry om te eet. LIESL MOR­RIS

My skoe­ne uit­ge­trek en dan was my ma ra­send, want ek het ver­al in die win­ter op my wit sok­kies in die huis ge­loop. DE­NI­SE EDWARDS OOST­HUI­ZEN

Ek het da­de­lik op die bank gaan lê en ont­span en dan tot so 16:30 ge­slaap. Dan, net voor my ou­ers huis toe ge­kom het, maak ek gou vin­nig skoon en sit die ke­tel aan om vir hul­le kof­fie te maak wan­neer hul­le kom. Vir my pa het ek ook al­tyd ’n lek­ker pe­a­nut but­ter-brood­jie met drie snye op­me­kaar daar­by ge­maak. JE­A­NET­TE VAN ROOY­EN

Ek het heel eer­ste my skoe­ne uit­ge­trek en dan volg my ma se rym­pie: Kou­se in die was en skoe­ne in die kas! TARINA HOLTZHAUSEN

Ek het eers my skoe­ne en skool­kle­re uit­ge­trek en dan iets gaan kry om te eet. Daar­na het ek by my ma gaan sit en na S­pring­bok­ra­dio se sto­ries ge­luis­ter. Ek het ge­hou van Die ge­heim van Nan­tes, So maak

mens en Esmé en Jan. S­joe, dit was 100 jaar ge­le­de. RENE OLIVIER-SNY­MAN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.