Moe­ders­dag High Tea 2017

Oe­fen so­lank jou roy­al wa­ve, want Kui­er se Moe­ders­dag-funk­sie gee jou die kans om jou in­ner­li­ke ko­nin­gin na vo­re te bring. Da­tum: Son­dag 7 Mei 2017 Voor­pro­gram: 10:00 – 12:00 Amp­te­li­ke pro­gram: 12:00 – 16:00 Plek: Kro­nen­burg-land­goed Te­ma: Ko­nin­gin vir ’

Kuier - - JOU KIND EN SKOOL -

ons glo ma’s moet ge­reeld be­derf word en op Moe­ders­dag doen ons ge­woon­lik spe­si­a­le moei­te om te wys hoe baie hul­le vir ons be­te­ken. Van­jaar se Kui­er Moe­ders­dag High Tea vind op 7 Mei (’n week voor Moe­ders­dag) plaas en ons wil ma’s dan be­hoor­lik op die han­de dra.

Ons te­ma van­jaar is“Ko­nin­gin vir ’n dag”, want ons glo al­mal ver­dien om ten min­ste een keer in hul le­we soos roy­al­ty be­han­del te word. So, kry jou ti­a­ra reg of stof jou bes­te hoed af en trek jou ko­nink­lik­ste out­fit aan vir ’n spe­si­a­le mid­dag in die ge­sel­skap van jou guns­te­ling-tyd­skrif!

Dank­sy al ons bor­ge se on­der­steu­ning gaan jy be­slis waar­de vir jou geld kry. SASKO gaan die lek­ker­ste vin­ger­hap­pies en na­ge­reg be­dien en ons vrien­de by kykNet gaan weer­eens ver­se­ker dat ons ge­sel­lig ver­keer met van ons guns­te­ling­ak­teurs van Suid­oos­ter.

Daar gaan ook ’n prop­vol ver­maak­pro­gram wees met kuns­te­naars soos A­lis­tair I­zo­bell, Sasha-Lee Da­vids en Sa­lo­me wat jou op jou voe­te gaan hou.

Met sy a­sem­ro­wen­de ag­ter­grond van die ber­ge en win­ger­de, kan ons net nie ge­noeg kry van die prag­ti­ge Kro­nen­bur­g­land­goed nie en dus is dit van­jaar weer ons uit­hang-ve­nue.

Vir die eer­ste keer kan le­sers kies waar hul­le wil sit wan­neer hul­le hul kaar­tjies koop. Le­sers kan dus

net op hul be­spreek­te plek­ke sit. Die kaar­tjie­prys sluit in ’n lig­te mid­dag­e­te, d­rinks on ar­ri­val en ’n goodie bag. Daar sal ook ’n kon­tant­kroeg be­skik­baar wees. Kaar­tjies is te koop van­af 09:00

op Sa­ter­dag 8 A­pril 2017 by al­le Com­pu­tic­ket­tak­ke en S­hop­ri­te en C­hec­kers-win­kels. Slegs 400 is be­skik­baar en daar is geen aan­lyn­ver­ko­pe nie. ’n Be­per­king van slegs 5 kaar­tjies per per­soon geld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.