Swem­mer van die Vlak­te maak vre­de ná haar kind ver­drink

Sy is al van kleins af soos ’n vis in die wa­ter. Van­dag het sy haar eie swem­skool waar sy an­der help om hul vrees te oor­kom. Maar die wa­ter wat haar so­veel ge­gee het, het ook haar kind weg­ge­vat. En tog, kies sy steeds die le­we. DEUR ernusta maralack

Kuier - - Inhoud -

In ons ge­meen­skap­pe is dit nie vreemd om te hoor van ie­mand wat op ’n vol­was­se ou­der­dom nog nie kan swem nie. Of dit nou ou ste­re­o­ti­pes of e­ko­no­mie­se om­stan­dig­he­de was wat men­se te­rug­ge­hou het, maar om te leer swem was des­tyds nooit hoog op jou a­gen­da as jy by­voor­beeld op die Kaap­se Vlak­te groot­ge­word het nie. Ver­al des­tyds was die see of swem­bad soos hul­le sê net be­doel“om voe­te nat te maak”!

Maar dít was be­slis nie die ge­val vir Na­z­lie Man­chest (40) wat in P­rim­ro­se Park op die Kaap­se Vlak­te groot­ge­word het nie. Want haar pa, E­de­ries, was mal oor rug­by en sport in die al­ge­meen – en dit het swem in­ge­sluit. Daar­om het hy sy kin­ders ge­reeld ge­vat na Mai­den’s Co­ve, ’n ge­wil­de strand in die Kaap waar“nie-blan­kes”in die a­part­heids­ja­re kon gaan swem. Na­z­lie en haar sib­be het la­ter ook aan­ge­sluit by Mar­lon’s S­wim­ming Club in Ma­nen­berg.

Dis nou nie oor­dryf om te sê Na­z­lie het soos ’n vis ge­aard in die wa­ter nie, want op ne­ge het sy al die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie se swem­span ge­haal. Sy het selfs in die ja­re tag­tig in Jo­han­nes­burg teen span­ne van die des­tyd­se Na­tal en Grens deel­ge­neem.

Maar Na­z­lie se s­ter in swem het eg­ter op die ver­keer­de tyd (ty­dens a­part­heid) op sy hel­der­ste ge­skit­ter en haar swem­loop­baan sou nie ver vor­der as sy net haar eie re­kords kon breek nie. Sy sou nooit teen die bes­te in die wê­reld mee­ding nie

Wie bla­meer ek? My­self? Die tui­nier wat die hek­kie na die swem­bad oop­ge­los het?

en met­ter­tyd het sy haar be­lang­stel­ling in swem as ’n sport be­gin ver­loor.

Teen st. 8 (gr. 10) was Na­z­lie moeg vir swem en was sy lus vir ’n an­der uit­da­ging in die wa­ter. Dis toe dat sy op 16 aan­sluit by die S­trand­fon­tein Li­fe Sa­ving Club om haar staal as men­se­red­der (li­fe­guard) te wys. Hier is sy aan baie trau­ma­tie­se to­ne­le en uit­da­gen­de om­stan­dig­he­de boot­ge­stel.“By S­trand­fon­tein Pa­vi­li­on het ek by­voor­beeld al ie­mand op die strand aan­ge­tref wat ver­krag is. Ek het ook te doen ge­had met dronk men­se wat le­li­ke aan­mer­kings ge­maak het en ek moes al mond-tot-mond-a­sem­ha­ling toe­pas op men­se met bier­bek­ke, ”ver­tel Na­z­lie.

Oor die ja­re het swem Na­z­lie baie ver ge­bring en sy was ook nooit ver van die wa­ter af nie. Só het sy al ’n pos ge­had by die swem­skool van die O­lim­pie­se me­dal­je­wen­ner Ryk Neeth­ling in Jo­han­ne­burg en van­dag be­dryf sy in die Kaap haar eie swem­skool, H2O S­wim­ming A­ca­de­my, waar sy men­se vaar­dig­he­de leer wat dalk een­dag hul le­wens kan red.

Maar daar is so­veel meer aan Na­z­lie se sto­rie met die wa­ter. Dit het haar so­veel ge­gee, maar ook so­veel weg­ge­vat, want dis as­of die nood­lot haar die wreed­ste streep denk­baar ge­trek het . . .

Want dis Na­z­lie, die swemin­struk­teur en er­va­re li­fe­guard, wie se ba­ba­seun vyf jaar ge­le­de in ’n swem­bad by haar ou­er­huis ver­drink het, ter­wyl sy by die huis was.

Nie­mand kan ver­by die hart­seer ironie kyk dat juis Na­z­lie (wie se pro­fes­si­o­ne­le le­we nog al­tyd om swem ge­draai het) se krul­kop­seun, I­ma­du­deen, in ’n swem­bad – daar­die plek waar sy so tuis is – ver­drink het nie. I­ma­du­deen was toe maar net een en ’n half jaar oud.

Baie men­se sou dalk vas­steek by die ironie van so ’n ont­sag­li­ke tragedie. En an­der wat dalk in haar skoe­ne was, sou waar­skyn­lik nooit weer hul voe­te in ’n swem­bad ge­sit het of e­ni­ge van hul an­der kin­ders wou laat swem nie. Maar nie Na­z­lie nie. Haar ge­loof het haar met I­ma­du­deen se dood op 2 De­sem­ber 2012 ge­dra en sy het haar daar­by be­rus dat God haar kind vir haar ge­leen het en dat sy hom moes laat gaan toe dit sy tyd was.

So jonk as wat hy was en hoe moei­lik dit ook al was, het sy haar vre­de ge­maak, want die le­we moet aan­gaan, meen Na­z­lie. “My ma-hul­le het my ag­ter­na ver­tel ’n vrou het by die be­graf­nis ge­sê,‘hoe kan jy jou kind laat ver­drink, maar sy’s ’n s­wim­ming te­a­cher’. Ek het deur so­veel sce­na­rio’s ge­gaan. Wie bla­meer ek? My­self? Die tui­nier wat die hek­kie na die swem­bad oop­ge­los het? Ek is ’n swemin­struk­teur en ek leer kin­ders hoe om te swem, maar ek is nie in be­heer van le­we nie. God is,”sê Na­z­li kalm. Ja, die plek in haar hart en le­we wat vir I­ma­du­deen uit­ge­sit is, is leeg, maar sy troos haar dat sy weet waar haar kind is en dat“God hom op ’n mooi ma­nier ge­vat het”en dat hy nie wreed ver­moor en ie­wers on­be­kend en ver­la­te be­gra­we lê nie.

SUKSESSTORIE

Na­z­lie, wat ook die ma is van drie an­der kin­ders, Mi­ga­le (21), Am­maar (10) en die laat­lam R­hag­ma (3), met wie sy swan­ger ge­raak het toe I­ma­du­deen reeds af­ge­sterf het, leer steeds vol­was­se men­se en kin­ders hoe om te swem. Haar swem­skool het ’n re­si­den­cy by Vi­r­gin Acti­ve Ga­tes­vil­le in Athlo­ne in die Kaap, waar sy haar swem­klas­se aan­bied en men­se se le­wens ver­an­der deur vir hul­le hier­die be­lang­ri­ke vaar­dig­heid te leer.

Deur haar swem­klas het een van haar vol­was­se stu­den­te reeds 20 kg ver­loor en Na­z­lie het ook ’n in­ge­ni­eur bin­ne ’n maand ge­leer swem om­dat haar loop­baan­rig­ting dit ver­eis het. Hier­die is slegs ’n paar voor­beel­de, maar dit dien vir Na­z­lie as be­wys dat wat sy doen, werk­lik ’n ver­skil maak.

Na­z­lie wou ook nie toe­laat dat die pyn van I­ma­du­deen se dood haar ver­an­der in ’n koue, kli­nie­se mens wat nie meer ’n swem­bad wou sien en haar an­der kin­ders die swem­bad of swem be­let nie. Sy kom dan uit ’n huis waar swem vir hul­le twee­de na­tuur was. R­hag­ma kan ook al­reeds swem en dit is hoe dit hoort, glo sy.

VRE­DE GE­MAAK

Wan­neer Na­z­lie haar sto­rie ver­tel, is daar nie tra­ne wat loop nie. Eer­der ’n kalm­te wat jy net kan kry as jy reg­tig vre­de ge­maak het met iets. ’n Mens be­sef gou dat Na­z­lie ’n sterk vrou is en dat die le­we haar tal­le wys­he­de ge­leer het. Sy het ’n bor­re­len­de per­soon­lik­heid en lag en ge­sels mak­lik en as jy nie weet van haar seer nie, sal jy dit nie som­mer dink nie.

Maar wan­neer sy daar­die dag van I­ma­du­deen se dood in so­veel de­tail her­leef, wys dit ’n mens kan of sal so ’n tragedie nie som­mer ver­geet nie. Dis as­of dit ’n spe­si­a­le ka­mer in jou ge­heue het.

Na­z­lie skok jou ver­der wan­neer sy ver­tel hoe haar pa, E­de­ries (69), vir I­ma­du­deen in die swem­bad aan­ge­tref en hom pro­beer red het deur hom aan sy kle­re na die kant van die swem­bad te pro­beer trek. Haar pa, wat toe be­sig was om van ’n heup­ver­van­gings­o­pe­ra­sie te her­stel, het kort daar­na ’n be­roer­te ge­had, ter­wyl Na­z­lie vir I­ma­du­deen met CPR pro­beer by­bring het.

Dit klink soos to­ne­le uit ’n mo­vie, maar dit was ’n seer werk­lik­heid wat Na­z­lie en haar fa­mi­lie daar­die dag moes be­leef. Steeds is daar geen tra­ne nie – net die ab­so­lu­te dui­de­lik­heid, maar dan sê Na­z­lie: “’n Mens weet nie wat in ie­mand an­ders se le­we aan­gaan wan­neer jy net na

hul­le kyk nie . . . Som­mi­ge men­se vra hoe kan ek my sto­rie ver­tel son­der om te huil, maar in Islam (Mos­lem-ge­loof) leer ons jou be­sit­tings, in­slui­tend jou kin­ders, be­hoort nie aan jou nie. Jou kin­ders word vir jou ge­leen. Ons leer ons moe­nie ons le­wens op ons kin­ders en mans bou nie. En as God iets weg­vat van ons, het Hy iets an­ders in plek.”

Na­z­lie het ’n sag­te glim­lag op haar mond ter­wyl sy ver­tel hoe salig die og­gend van daar­die tra­gie­se dag nog was. I­ma­du­deen het vroeg op­ge­staan en wou speel. Dit was nie sy ge­wo­ne op­staan­tyd nie, maar Na­z­lie was ook in ’n goeie bui en het lek­ker met I­ma­du­deen en Am­maar (toe 5) ge­speel, tot ná elf­uur daar­die og­gend en het la­ter vir hul­le rys­kos (ge­kook­te kos) ge­maak, wat sy nie al­tyd maak nie.

“In hier­die sta­di­um was ek en my man al vir ’n maand uit­me­kaar. Ons pro­ble­me het be­gin om­dat I­ma­du­deen my wê­reld was. Ek is ’n har­de mens, maar my kin­ders is my le­we,”voeg Na­z­lie by.

Die sa­li­ge uit­druk­king is steeds op haar ge­sig wan­neer sy ver­tel hoe lek­ker sy vir I­ma­du­deen ná hul speel­ses­sie ge­bad en uit­ge­smeer het en hom spier­wit aan­ge­trek het. Daar­na het sy hom ge­voer.

“I­ma­du­deen was nie ’n kind wat ge­soen wou wees nie, maar daar­die dag het hy my se­ker vier keer ge­soen,”voeg Na­z­lie by.

Min het sy ge­weet dit sou die laas­te keer wees dat I­ma­du­deen haar uit sy eie sou soen . . . Want om­streeks drie­uur daar­die mid­dag het die ver­skrik­li­ke ge­beur­te­nis hom­self af­ge­speel by haar ou­er­huis in P­rim­ro­se Park op die Kaap­se Vlak­te, waar sy en haar drie seuns ook ge­woon het en waar sy steeds woon.

I­ma­du­deen het die res van die mid­dag, na­dat hy ge­ëet het, in die huis rond­ge­speel. Die huis was vol men­se, want die an­der kin­ders het al uit die skool ge­kom. Al die ver­trek­ke in hul huis kyk uit op die swem­bad en Na­z­lie ont­hou sy het nog ge­hoor hul huis­hulp sê vir die tui­nier om die hek wat na die swem­bad lei, ag­ter hom toe te maak wan­neer hy loop. (Dit is hier­die hek­kie, wat die tui­nier tog ver­geet het om toe te maak, wat I­ma­du­deen ge­bruik het om by die swem­bad uit te kom.)

“Dit was so rond­om drie­uur toe my pa uit die mos­kee ge­kom het. Ek het op die bank in my woon­plek ge­lê toe ek my pa hoor skree,‘waar is jul­le!’ter­wyl hy na die swem­bad kyk. Ek dog toe waar­voor skree my pa so en hy kom nou-net uit die mos­kee uit, toe sien ek die lig­gaam­pie in die swem­bad,”ver­tel Na­z­lie.

Sy ver­tel voorts sy moes vir so­wat drie mi­nu­te in skok ge­wees het, want sy kon net staar na die to­neel wat be­sig was om voor haar af te speel. Daar is dief­we­ring voor haar ven­sters en sy het ge­dink wat­ter roe­te sal haar vin­ni­ger by die swem­bad uit­bring.

Maar tot van­dag weet sy nie hoe sy by die swem­bad uit­ge­kom het nie, maar toe sy daar kom, was daar reeds bu­re wat ge­skok rond­ge­staan het ter­wyl haar pa I­ma­du­deen aan sy kle­re uit die wa­ter pro­beer trek het.

“Ek het CPR op I­ma­du­deen be­gin toe­pas. En ter­wyl ek be­sig was met my seun, sien ek hoe my pa ’n stro­ke kry en ek dink, vir wie moet ek nou help? Nie­mand wat daar ge­staan het, het ge­dink om ’n am­bu­lans of 10111 te bel nie; al­mal was in skok,” her­leef Na­z­lie daar­die dag.

Daar was nie tyd om ver­der din­ge te pro­beer uit­fi­gu­re nie en Na­z­lie het som-

mer met I­ma­du­deen in haar arms na hul huis­dok­ter, nie te ver van hul­le af nie, ge­hard­loop. ’n Buur­vrou se seun het haar uit­ein­de­lik langs die pad op­ge­tel en dok­ter toe ge­haas, maar by die dok­ter was die nuus nie po­si­tief nie.

DRA­MA DUUR VOORT

In hier­die tyd het die skok vir Na­z­lie be­gin beet­kry en sy het heel­tyd tus­sen die rol­le van mam­mie en li­fe­guard ge­wis­sel, maar wat met hul aan­koms by die hos­pi­taal ge­beur het, het haar ge­duld be­proef.

Voor­dat me­die­se per­so­neel aan­dag aan I­ma­du­deen kon gee, moes Na­z­lie glo eers vorms in­vul en R500 be­taal om­dat sy nie ’n me­die­se fonds ge­had het nie. Toe dit uit­ein­de­lik klaar ge­doen is, is Na­z­lie vol­gens haar ook aan­ge­sê om haar man in die han­de te kry. Vol­gens Na­z­lie het sy hom pro­beer bel, maar kon nie deur­kom nie om­dat sy heel­tyd sy nom­mer ver­keerd ge­druk het weens die skok.

“Die dok­ters het ge­sê hul­le pro­beer I­ma­du­deen sta­bi­li­seer so­dat hy oor­ge­plaas kan word na die Rooi Kruis-kin­der­hos­pi­taal om­dat ek nie ’n me­die­se fonds het nie. Ek het aan­ge­neem hy le­we nog.

“’n Uur la­ter is hy ge­sta­bi­li­seer en was ons in die am­bu­lans op pad Rooi Kruis toe, maar toe kom daar bloed by sy neus uit. Ek het ge­bid en dit het vir my ge­voel as­of die pad nie end kry nie,”her­leef Na­z­lie daar­die angs­wek­ken­de tyd.

Maar by Rooi Kruis was daar glo weer ’n hoop pa­pier­werk wat Na­z­lie moes deur­werk en moes sy wag tot die ver­pleeg­sters vir haar nuus ge­had het oor I­ma­du­deen se toe­stand.

“As ’n ma wil jy net die se­ker­heid hê jou kind gaan ou­kei wees, maar die stem van die li­fe­guard in my het vir my ge­sê,‘jy moet met God praat en vre­de maak’. Ek ken die te­kens en het ge­weet hy gaan nie ou­kei wees nie,”sê Na­z­lie. Haar ge­sig ver­klap niks van haar e­mo­sies nie, maar haar ver­tel­ling gee jou as ’n ma hoen­der­vleis en breek jou hart.

“Ek het met Al­lah ge­praat en dan­kie ge­sê dat Hy my kind vir my ge­gee het. Ek het ge­vra dat my kind se pyn ver­by moet wees. Ek het vir my man ge­sê ek weet hy het baie re­grets, maar dat ook hy I­ma­du­deen moet laat gaan en sy vre­de moet maak om­dat ek nie ’n ve­ge­ta­ble wil te­rug­hê nie, want I­ma­du­deen was so ’n le­wens­lus­ti­ge, spor­ty kind.”

Sy het toe daar­op aan­ge­dring om haar kind te sien, selfs al was dok­ters toe nog be­sig met hom. Die ver­pleeg­ster het Na­z­lie pro­beer paai en ge­sê hul­le wil I­ma­du­deen“net was en dan kan jy hom kry”. Dis toe dat die dok­ter be­ves­tig het wat die li­fe­guard in haar reeds ge­weet het, met die woor­de wat geen ma ooit wil hoor nie: “Jou kind het nou net af­ge­sterf”.

Dit was half­se­we die aand van 2 De­sem­ber 2012, so­wat twaalf en ’n half uur na­dat I­ma­du­deen daar­die og­gend so vro­lik op­ge­staan het.

Oor haar e­mo­sies ver­tel Na­z­lie dat sy sterk ge­bly het ter wil­le van die tien fa­mi­lie­kin­ders en an­der fa­mi­lie­le­de wat toe ook by die hos­pi­taal was.

“Ek het nie ge­huil of ge­skree nie en my kind ge­dra en (die hos­pi­taal­per­so­neel) vir ’n pri­vaat­ka­mer ge­vra. Ek het vir die fa­mi­lie­kin­ders elk­een hul mi­nuut met hom ge­gee. Ek het vir hul­le ge­sê hul­le kan huil en hom vas­hou om­dat hy nog warm was. Daar­na moes ek hom na die (hos­pi­taal se) lyks­huis vat. Am­maar was by my en het nog ge­sê ons moet vir I­ma­du­deen ’n kom­ber­sie gee om­dat dit koud is daar bin­ne (die lyks­huis).”

Hoe­wel Na­z­lie haar ver­lies goed han­teer en haar vre­de ge­maak het, ruk dit aan jou moe­der­hart wan­neer sy ver­tel van die oom­blik toe sy I­ma­du­deen la­ter op ’n koue staal­ta­fel by die staatslyks­huis moes ag­ter- laat (na­dat sy hom uit­ge­ken het).

Na­z­lie was sterk vir al­mal an­ders toe sy vir I­ma­du­deen ver­loor het, maar hier­die oom­blik het haar tot in haar diep­ste we­se ge­ruk. Sy ont­hou hoe sy by die lyks­huis ag­ter ’n glas­ven­ster ge­staan het met I­ma­du­deen aan die an­der­kant op ’n staal­ta­fel, met ie­mand daar wat haar aan­wys om haar kop in er­ken­ning te knik as die lyk of die ta­fel wel haar kind is. En dit is wat sy ge­doen het; sy het haar kop ge­knik.

“As ’n ma is die moei­lik­ste ding om jou kind ag­ter te laat in e­ni­ge si­tu­a­sie – en hier moes ek in ’n kar klim en hom ag­ter­laat op daar­die koue, har­de op­per­vlak in die lyks­huis. Dít was vir my die moei­lik­ste.”

HAAR TROOS

Om haar kind op só ’n ma­nier te ver­loor, ver­al oor die werk wat sy doen, was hard, maar Na­z­lie voel sy het steeds baie om voor dank­baar te wees en baie om vir haar me­de­mens te gee. Sy kon haar kind groet en was in sy laas­te oom­blik­ke saam met hom.

“Daar was te­kens (dat I­ma­du­deen sou sterf), maar ons is mens. Ek vind troos daar­in dat my kind op so ’n prag­ti­ge wy­se weg­ge­vat is. Ek moes ie­wers iets in my le­we reg ge­doen het om dít te ver­dien. Daar is ma’s wie se kin­ders ver­mis is of wreed ver­moor is en ie­wers in ’n veld lê, maar ek weet pre­sies waar my kind lê. Wat het ek om oor te kla?

“Ek het deur my rou­pro­ses weer be­sef hoe­kom ons moet groet wan­neer ons die huis ver­laat en te­rug­keer. God wys ons hoe om te le­we,”sê Na­z­lie.

Hoe sy in swem be­trok­ke ge­raak het en wat sy al­les al ver­mag het, is ’n in­spi­ra­sie­sto­rie op sy eie, maar ons leer uit haar en I­ma­du­deen se sto­rie hoe om te mid­de van die groot­ste pyn en te­rug­slag, steeds le­we te kan kies. Sy hoop sy kan een­dag haar eie bin­nens­hui­se swem­bad hê“so­dat ek e­ni­ge kind van die straat af kan haal en leer swem, of pen­si­oe­na­ris­se met Al­z­hei­mer­siek­te met wa­ter­te­ra­pie kan help as hul­le dit no­dig het”.

Ek het met Al­lah ge­praat en dan­kie ge­sê dat Hy my kind vir my ge­gee het. As ’n ma is die moei­lik­ste ding om jou kind ag­ter te laat in e­ni­ge si­tu­a­sie.

HEEL LINKS: I­ma­du­deen, Na­z­lie se le­wens­lus­ti­ge kleu­ter wat in ’n swem­bad ver­drink het. LINKS: Al het sy haar seun­tjie ver­loor, is Na­z­lie steeds dank­baar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.