Ont­moet Ty­ge­berg se nu­we hoof­ma­tro­ne

Ver­pleeg­kun­de is haar pas­sie en in haar nu­we be­stuurs­rol wil sy nóg baie sie­kes help.

Kuier - - Inhoud - DEUR el­ma­ri­ne an­tho­ny

Dit was ’n lang en har­de pad wat sy ge­loop het om men­se te help, maar haar toe­wy­ding het nie on­ge­siens ver­by­ge­gaan nie. Want van­dag staan Fran­ci­le­ne Baart­man (50) in be­heer van die be­ken­de Ty­ger­berg-hos­pi­taal in die Kaap se so­wat 2 500 per­so­neel­le­de. En Fran­ci­le­ne is nie som­mer­so nie. Sy het al ver­skeie by­drae tot die ver­pleeg­kun­de ge­maak en nou be­oog sy om Ty­ger­berg-hos­pi­taal tot nu­we hoog­tes te neem as die eer­ste vrou­li­ke ma­tro­ne van kleur wat in dié hos­pi­taal se 41 jaar ge­skie­de­nis aan­ge­stel is.

Haar ver­pleeg­loop­baan strek oor 25 jaar waar­van 17 in be­stuurs­po­si­sies was. Die bes­te ja­re van haar loop­baan was toe sy as ’n skool­ver­pleeg­ster in die noor­de­li­ke ge­bie­de van Kraaifontein, Brac­ken­fell en dies meer ge­werk het. Sy het ook op pla­se, in in­for­me­le ne­der­set­tings en by re­ha­bi­li­ta­sie­sen­trums ge­werk.

Maar Fran­ci­le­ne se wor­tels lê in Ce­res in die Wes-Kaap en sy be­skryf haar­self as ’n plat­te­land­se mei­sie in die vol­le sin van die woord. Toe sy op­ge­groei het, het al­mal me­kaar ge­ken en hul­le was ’n baie heg­te ge­meen­skap. Sy be­skryf haar groot­word­ja­re as goed, ge­ge­we die kon­teks van a­part­heid.

Fran­ci­le­ne is een van se­we kin­ders en soos in el­ke huis­hou­ding, het hul­le hul uit­da­gings ge­had. Haar pa was ’n streng en voor­uit­stre­wen­de man. Hy was ’n be­sig­heids­man en die ge­sin het ’n groot huis ge­had. Sy ver­tel hul­le het goeie waar­des ge­had en el­ke Son­dag­aand in hul huis kerk ge­hou.

Din­ge het eg­ter in ’n sta­di­um skeef­ge­loop waar­na haar pa sy be­sig­heid en die fa­mi­lie hul huis ver­loor het. Met die hulp van die ge­meen­skap het die fa­mi­lie eg­ter deur­ge­druk. Dit is hier­die waar­des wat sy by haar ou­ers ge­leer het, wat sy van­dag nog in haar eie le­we toe­pas.

As ’n mond­stuk vir min­der­be­voor­reg­tes en die mees on­der­druk­tes in die ge­meen­skap, het sy haar­self ge­du­ren­de die ja­re “reg­tig uit­ge­leef”. Sy het baie keer kin­ders wat ver­krag en mis­han­del is, in die hof gaan on­der­steun en moes dik­wels sul­ke sa­ke aan­meld.

Reg­deur haar loop­baan het Fran­ci­le­ne al­tyd meer ge­doen as wat van haar ver­wag is. Sy het maan­de­lik­se ver­ga­de­rings met on­der­wy­sers en skool­hoof­de ge­hou en i­ni­si­a­tie­we be­gin waar­by die be­trok­ke skool­ge­meen­skap­pe baat kon vind.

“Groen­te­tui­ne is aan­ge­lê en ons het met boe­re gaan praat vir bor­ge waar hul­le tui­ne by al die sko­le aan­ge­lê het, so­dat die kin­ders kon groen­te eet. Ons het uit­reik­pro­jek­te ge­had, by­voor­beeld van u­ni­ver­si­tei­te, waar hul­le tan­de­bor­sel­pro­gram­me met die kin­ders ge­had het. Ek het saans ou­er­ver­ga­de­rings by­ge­woon en huis­be­soe­ke ge­doen,”ver­tel Fran­ci­le­ne.

As skool­ver­pleeg­ster kon sy kin­ders se oë toets, se­ke­re me­die­se toe­stan­de be­han­del en met hul­le praat.

Sy het selfs X­ho­sa aan­ge­leer so­dat sy be­ter met hul­le kon kom­mu­ni­keer en be­ter be­grip vir hul­le kon hê. Wan­neer daar e­ni­ge pro­ble­me in ’n skool was, kon hul­le dit na haar ver­wys en dan het sy ge­sorg dat die kind die no­di­ge be­han­de­ling en on­der­steu­ning ont­vang.

wil ’n ver­skil maak

Ter­wyl sy ’n ver­pleeg­ster vir sko­le was, was haar doel om ’n ver­skil in die kin­ders se le­wens te maak – al was dit net in een kind se le­we. La­ter, toe sy ty­dens haar loop­baan by Karl B­re­mer-hos­pi­taal in Bell­vil­le bui­te Kaap­stad ge­werk het, het daar een­dag ’n vrou wat voor­heen ’n leer­der was by een van die sko­le waar sy ge­werk het, by haar kan­toor in­ge­stap.

“Sy was ook ’n ver­pleeg­ster en wou vir my kom dan­kie sê. So, dít is die ti­pe im­pak wat ek wou maak, waar ie­mand kom en sê:‘Me­vrou, dít is die im­pak wat jy op my le­we ge­had het. Van­dag is ek ook ’n sus­ter, dan­kie vir u on­der­steu­ning’.”

Haar werk as skool­ver­pleeg­ster was haar step­ping s­to­ne toe sy op be­stuurs­vlak ge­kom het om­dat sy ge­weet het wat die be­hoef­tes van die ge­meen­skap is.

“Ek het al­tyd ’n pas­sie vir min­der­be­voor­reg­tes ge­had. Ek het ge­weet as die hos­pi­taal nie die men­se reg be­han­del nie, waar­na­toe sal die men­se gaan en wat is vir hul­le be­skik­baar? Die res van my be­stuurs­loop­baan is be­ïn­vloed deur die werk wat ek daar ge­doen het.”

As nu­we ma­tro­ne staar Fran­ci­le­ne ’n reeks uit­da­gings in die ge­sig, in­slui­tend Ty­ger­berg-hos­pi­taal se swak re­pu­ta­sie wan­neer dit by diens­le­we­ring kom. Hier­oor vra sy dat die pu­bliek meer ver­draag­saam moet wees.“Dit help as men­se kan ver­staan dat die ver­pleeg­sters en al­mal wat hier werk, ook net men­se is.”

Vol­gens haar er­vaar baie ver­pleeg­ters, ver­al dié wat in die trau­ma-af­de­ling werk, mis­han­de­ling van die pu­bliek. Men­se wat in die hos­pi­taal kom, is soms on­der die in­vloed van drank en baie keer het men­se pro­ble­me wat hul­le dan op die per­so­neel uit­haal, ver­tel sy. Dis be­lang­rik om te ont­hou dat ver­pleeg­sters ook hul eie le­wens het.“Ek dink som­tyds is die ver­wag­tin­ge van men­se dat jy su­per­na­tu­ral moet wees

as jy ’n u­ni­form aan­het. ’n In­ge­bo­re ei­en­skap van ver­pleeg­sters is om om te gee, maar som­tyds help dit ook net as jy be­grip het vir ie­mand an­ders.”

Fran­ci­le­ne meen die hos­pi­taal­per­so­neel en die ge­meen­skap moet han­de vat en saam­werk. Wan­neer die per­so­neel uit­stap, is hul­le ook deel van die ge­meen­skap en het hul­le ook dalk mô­re ’n hos­pi­taal no­dig.

“Die hos­pi­taal is ’n plat­form wat al­mal ge­bruik – van­dag is jy dalk hier as ’n pa­si­ënt en mô­re is jy ’n per­so­neel­lid. Son­dae sit ons al­mal in een kerk. Die hos­pi­taal dien een ge­meen­skap,”sê sy.

pa­si­ën­te moet praat

Sy vra al­tyd vir haar per­so­neel om be­grip vir men­se se om­stan­dig­he­de te hê. Baie van die pa­si­ën­te kom van lan­de­li­ke ge­bie­de. Hul­le staan 01:00 op om 08:00 by die hos­pi­taal te wees. Pa­si­ën­te moet uit­praat en vir per­so­neel sê wan­neer hul­le by­voor­beeld ê­rens moet wees en dus gou­er ge­help moet word, meen sy.

“Hul­le moet net met ons praat. As hul­le on­te­vre­de is, is daar ’n ho­ër vlak van be­stuur met wie hul­le kan praat. Ons pro­beer kyk na hoe ons si­tu­a­sies kan ver­be­ter en hoe ons na die mees kwes­ba­res in die ge­meen­skap kan uit­reik. Ek on­der­vind dat die ver­pleeg­sters be­grip het en ’n pas­sie vir wat hul­le doen. Ek sal pro­beer om hul­le pas­sie­vol vo­ren­toe te vat.”

Dít pas goed in by haar vi­sie vir die hos­pi­taal.“Ek wil ’n on­der­steu­nen­de om­ge­wing vir die per­so­neel skep om ’n ten vol­le funk­si­o­ne­le, ge­mo­ti­veer­de s­pan te ver­se­ker so­dat die pa­si­ënt die bes­te sorg kan kry.”Fran­ci­le­ne pro­beer nie om haar vi­sie te ver­loor van wie hul­le reg­tig dien nie.“As daar ’n hoop pa­pie­re of ver­slae voor my lê, pro­beer ek al­tyd die pa­si­ënt in my vi­sie hou.”

Vol­gens Fran­ci­le­ne kan ’n be­stuur­der be­slis nie in i­so­la­sie werk nie en het sy die res van die span­le­de no­dig om hul doel­wit­te te be­reik. Sy wil sorg dat hul­le as ’n s­pan in die hos­pi­taal kan saam­werk om die hos­pi­taal vo­ren­toe te vat. Dít is hoe sy gaan pro­beer om ’n ver­an­de­ring te maak, sê sy vas­be­slo­te.

En met haar pas­sie vir ver­pleeg­kun­de gaan sy nog baie doel­wit­te be­reik.

HOOFFOTO: Fran­ci­le­ne Baart­man (50) se pas­sie in die le­we is ver­pleeg­kun­de en sy wil ver­al ’n ver­skil in kin­ders se le­wens maak. LINKS BO: Sy be­stuur so­wat 2 500 per­so­neel­le­de by Ty­ger­berg-hos­pi­taal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.