SMS

Kuier - - Kuierhoekie -

Ek koop al van ver­le­de jaar af die tyd­skrif. Die sto­ries is baie op­bou­end en die ver­ha­le baie hart­seer. Daar is selfs ’n klomp leer­sa­me re­sep­te. Ek kan nie wag om el­ke twee­de week die tyd­skrif te koop nie. MAL­COLM LUDEN DE JAGER, MOSSELBAAI

Vi­net­te E­bra­him, bly net so prag­tig met jou groot hart wat plek het vir al­mal (‘Dis mý jaar’, 5 A­pril 2017). Hou aan om op te staan vir al­mal se regte. Jy lyk prag­tig op die voor­blad.

ANNETTE JON­KER, VAN­DER­BIJL­PARK

Dis so ’n jam­mer­te dat kin­ders moet ly deur mam­mies wat tik in hul swan­ger­skap ge­bruik en dan sit die kin­ders met kon­sen­tra­sie-pro­ble­me in die skool (Ver­lo­re ba­bas

van tik, 22 Maart 2017). Ek sit tans met so ’n klein­kind wat in graad 1 al pro­ble­me het.

BEKOMMERDE OU­MA

My hart is som­mer seer om­dat Je­ro­me uit Suid­oos­ter is (Koe­baai, Je­ro­me! 5 A­pril 2017). Ons gaan jou mis met jou kwink­slae. S­terk­te vo­ren­toe met jou loop­baan; mag dit net goed gaan. Bly so prag­tig!

TAN­NIE ANNETTE

Ai jin­ne, J To The O! Wat het jy nou ge­maak? (Koe­baai, Je­ro­me! 5 A­pril 2017). Ons gaan jou mis, maar dan­kie vir die tyd­jie wat jy ons so lek­ker laat lag het. Jy sal al­tyd net on­se Ro­am­pie bly. Voor­spoed en se­ën op jou pad vo­ren­toe. Dis jou beurt!

MARY-ANN, PAARL

Ta­nya is reg. Net die He­re kan jou deur al­les dra (Be­ter son­der be­ne,

5 A­pril 2017). Ek het ook al­bei my be­ne ver­loor, maar die He­re het van my ’n ster­ker mens ge­maak en ek kyk nou deur an­der oë na die le­we. Niks kry my on­der nie en ek staan ook vir niks te­rug nie. Ek het ’n bat­te­ry-ge­dre­we kar­re­tjie waar­mee ek win­kels toe gaan en vir vrien­de gaan kui­er. Ta­nya, moet nooit op­gee nie, want die He­re is en bly al­tyd by jou.

ODIA S­MIT, HARTENBOS

Ta­nya is ’n on­ge­loof­li­ke vrien­din. Niks en nie­mand kry haar on­der nie (Be­ter son­der be­ne, 5 A­pril 2017). Sy is al­tyd po­si­tief. S­terk­te met die e­vents com­pa­ny. Ont­hou, ek is net ’n op­roep weg.

RICARDO SNYMAN

“Be­ter son­der be­ne, 5 A­pril 2017’: My hart gaan uit na Ta­nya. Ek waar­deer nou meer my be­ne wat van­dag so baie pyn. Ek is 72 en het baie mis­moe­dig ge­word om­dat ek baie ge­stap het om die ge­meen­skap te dien. En nou sien ek ons He­mel­se Va­der my tot stil­te ge­bring het om te weet dat Hy leef. Dan­kie Kui­er dat ek van jul­le kan leer.

MARIA LOUW, KUILSRIVIER

“Be­ter son­der be­ne”(5 A­pril 2017). Ek kan my nie in­dink hoe­veel pyn en trau­ma Ta­nya moes deur­maak nie. Maar sy is dap­per, vol hoop en ’n ster­ker mens wat e­nig­iets wat op haar pad kom, kan han­teer. Ek was self in ’n ko­ma en van­dag ge­bruik ek 24-uur per dag ’n suur­stof­tenk en dit was ’n groot aan­pas­sing. Maar ek kan loop en ek kan ry en ek is dank­baar vir el­ke dag. Sy is ’n inspirasie, want al­hoe­wel ’n mens di­sa­bled is, is daar nog hoop en en jy kan nog glim­lag.

MOVENA FOUCHÉ, VIRGINIA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.