Kuier

R.I.P. TASHNAY

-

In ons vorige uitgawe het ons die storie van Tashnay Memphies (7) van Port Elizabeth vertel.

Tashnay het aan leukemie gely en haar broer, Jermaine (10), het sy beenmurg aan haar geskenk. Tashnay se kanker was in remissie.

Ongelukkig het sy skielik ’n terugslag gehad en sy is in die hospitaal oorlede kort nadat die tydskrif op die rak verskyn het.

Ons hier by Kuier se harte is stukkend oor hierdie sonskynkin­d en ons gebede is by haar ma, Natasha, Jermaine en hul familie. Dankie dat julle Tashnay se storie met ons gedeel het.

Rus sag, Tashnay.

 ??  ?? BO: Só het Tashnay se storie in Kuier verskyn. INLAS: Fotograaf Dale Fourie vat ’n selfie met Tashnay.
BO: Só het Tashnay se storie in Kuier verskyn. INLAS: Fotograaf Dale Fourie vat ’n selfie met Tashnay.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa