HEUNINGHOENDER

Kuier - - In Die Kombuis -

Ge­noeg vir 4

BE­STAND­DE­LE

8 – 10 hoen­der­stuk­ke Sout en vars­ge­maal­de wit­pe­per 1 tee­le­pel bor­rie 3 x 410 g blik­ke ge­skil­de, ge­kap­te ta­ma­ties met sous en al 1 mid­del­slag ui, fyn­ge­kap 1 tee­le­pel vars gem­mer, fyn­ge­kap ¼ kop­pie bot­ter 3 eet­le­pels heu­ning ¼ tee­le­pel fyn ka­neel 1/3 kop­pie a­man­del­vlok­kies 2 eet­le­pels se­sa­me­saad

METODE

Geur die hoen­der met sout en pe­per en vryf die bor­rie met jou vin­gers in die vel in. Pak die hoen­der in ’n en­kel­laag in ’n oond­roos­ter­pan. Voeg die ta­ma­ties, ui, gem­mer en bot­ter by. Be­dek die pan en plaas in ’n voor­ver­hit­te oond van 230°C vir 10 mi­nu­te. Ver­min­der die oond­hit­te na 180°C en bak vir on­ge­veer 1 uur. Skep die hoen­der in ’n swaar­boom­pot en hou een­kant. Plaas die oond­roos­ter­pan met die oor­bly­wen­de pan­sap­pe en ta­ma­tie­meng­sel op ’n ma­ti­ge tot warm stoof­plaat en laat dit vin­nig op­kook vir on­ge­veer 10 mi­nu­te of tot­dat die meng­sel stro­pe­rig be­gin word. Haal die pan van die hit­te af en roer die heu­ning en ka­neel by. Geur met sout en pe­per. Giet die sous oor die hoen­der en laat lig­gies prut vir ’n paar mi­nu­te. Net voor op­die­ning, ver­hit ’n klei­ne­ri­ge pan en roos­ter die a­man­del­vlok­kies en se­sa­me­saad lig­gies daar­in. Hou fyn dop en roer so­dat dit nie brand nie. Sprin­kel oor die hoen­der en be­dien.

WENK: Jy kan 6 kop­pies vars ta­ma­ties, ge­skil en ge­kap, in die plek van die blik­kies ge­bruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.