SJOKOLADEMERINGUE-LAAGKOEK

Kuier - - Soettand -

Ge­noeg vir 6 – 8 BE­STAND­DE­LE Vir die me­rin­gue-lae 6 ei­er­wit­te 1 kop­pie strooi­sui­ker 3 eet­le­pels co­coa-poei­er 1 tee­le­pel wita­syn Vir die vul­sel 6 ei­er­ge­le ½ kop­pie strooi­sui­ker 2 eet­le­pels co­coa-poei­er 2 eet­le­pels koek­meel 300 ml melk 300 ml room 1 x 150 g-blok don­ker­sjo­ko­la­de, ge­smelt 1 tee­le­pel va­nil­la es­sen­ce Vir die sa­me­stel­ling 1 blik ge­ka­ra­me­li­seer­de kon­dens­melk 1 x 150 g-blok Pep­per­mint C­risp, fyn­ge­kap METODE

Me­rin­gues: K­lits die ei­er­wit­te tot styf en voeg dan die strooi­sui­ker een eet­le­pel op ’n slag by. K­lits goed ná el­ke by­voe­ging. Vou die co­coa en a­syn in en meng goed. Ver­deel die meng­sel in drie en skep el­ke der­de in ’n sir­kel van on­ge­veer 20 cm op ’n bak­plaat wat met bak­pa­pier ge­voer is. (Jy sal 3 bak­pla­te no­dig hê.) Maak el­ke sir­kel mooi glad en bak vir 1 uur in ’n voor­ver­hit­te oond van 140°C. Aan die ein­de van die bak­tyd, ska­kel die oond af en laat staan die me­rin­gues daar­in tot die oond heel­te­mal koud is. (Jy kan ook die me­rin­gues ’n dag voor die tyd maak en oor­nag in die oond laat af­koel.)

Vul­sel: K­lits die ei­er­ge­le en die strooi­sui­ker saam tot lig en ro­me­rig. Voeg die co­coa en meel by en k­lits goed. Ver­hit die melk en room saam in ’n ka­strol oor lae hit­te en voeg dan by die ei­er­meng­sel ter­wyl jy die heel­tyd k­lits. Giet die he­le meng­sel weer te­rug in die ka­strol en roer heel­tyd oor lae hit­te tot die meng­sel be­gin ver­dik. Haal van die stoof af en roer die ge­smel­te sjo­ko­la­de en va­nil­la es­sen­ce by. Plaas ’n stuk kleef­plas­tiek di­rek op die op­per­vlak van die meng­sel om te keer dat ’n vel­le­tjie vorm en laat staan een­kant om heel­te­mal af te koel. Sa­me­stel­ling: Plaas een van die me­rin­gue-sir­kels op ’n plat op­dien­bord. S­meer ’n la­gie ka­ra­mel bo-oor en be­sprin­kel met die Pep­per­mint C­risp-krum­mels. Skep ’n laag vul­sel bo-op, ge­volg deur ’n me­rin­gue-sir­kel. Her­haal. Ná die laas­te me­rin­gue-sir­kel, s­meer weer ka­ra­mel bo-oor, maar skep eers die laag vul­sel en ein­dig deur die sjo­ko­la­de bo-oor te strooi.

WENK: Ge­bruik ’n 20 cm-koek­pan en trek ’n sir­kel met ’n pot­lood op die bak­pa­pier. Draai die bak­pa­pier om so­dat die me­rin­gue nie aan die pot­lood raak nie, maar jy moet nog die sir­kel­lyn dui­de­lik kan sien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.