LEER JOU KIN­DERS OOR AL­LE GE­LO­WE

Hoe leer jy jou kin­ders oor gods­diens en kerk­li­ke de­no­mi­na­sie son­der om iets op hul­le af te dwing?

Kuier - - Kui­er­co­ach - DEUR AN­DE­LI­NE WIL­LI­AMS-P­RE­TO­RI­US

Die kwes­sie oor wat­ter ge­loof ou­ers hul kin­ders wil laat volg, is dik­wels ’n moei­li­ke een, ver­al wan­neer ou­ers ver­skil­len­de ge­lo­we het. Wan­neer kin­ders klein is en aan hul ou­ers se ge­loof of kerk­li­ke de­no­mi­na­sie bloot­ge­stel word, is hul­le nie nood­wen­dig be­wus van an­der ge­lo­we nie. Dit ver­an­der eg­ter wan­neer hul­le aan maat­jies bloot­ge­stel word wat ’n an­der ge­loof volg. Kin­ders is dan ge­neig om al­ler­han­de vrae te vra – oor hul eie ge­loof en oor an­der ge­lo­we.

Ou­ers moet dan dik­wels moei­li­ke vrae be­ant­woord soos: Hoe­kom kan ons nie vir God sien nie? Het Je­sus reg­tig aan die kruis ge­sterf? Is die he­mel en hel ’n werk­lik­heid? Is ter­ro­ris­me deel van die Mos­lem-ge­loof? As daar so­veel ge­lo­we is, wat­ter een is die reg­te een?

Hier­die is in­der­daad moei­li­ke vrae en ou­ers mag dit moei­lik vind om te be­ant­woord. Baie be­sluit dan om die ver­keer­de ding te doen deur vir hul kind te sê om nie sul­ke vrae te vra nie.

On­ge­ag wat­ter ge­loof jy as ou­er volg en aan wat­ter kerk­li­ke de­no­mi­na­sie jy be­hoort, om met jou kind oor an­der ge­lo­we te praat, is nie die mak­lik­ste ding om te doen nie. Som­mi­ge ou­ers mag vrees dat hul kind van ’n an­der ge­loof of ’n ge­bruik in ’n an­der ge­loof sal hou; en dalk, wan­neer hul­le oud ge­noeg is, sal be­sluit om hul rug op hul eie ge­loof of kerk­li­ke de­no­mi­na­sie te draai. Dit is eg­ter be­lang­rik om jou kind in te lig, om­dat jy as ou­er dan tog ook ’n ma­te van be­heer kan uit­oe­fen oor hoe­veel in­lig­ting oor an­der ge­lo­we en kerk­li­ke de­no­mi­na­sies jy met jou kind deel. Dít is be­ter as wat jou kind son­der jou we­te die in­lig­ting by hul maats kry.

Ou­ers kan ook vre­se dat hul kind ’n an­der ge­loof sal kies na­dat hul­le meer daar­oor uit­ge­vind het, uit hul ge­dag­tes ver­ban. Dit is im­mers net nóg ’n ding wat ou­ers nie kan be­heer nie – ver­al nie wat vol­was­se kin­ders be­tref nie.

As ou­er moet jy lie­wer daar­op fo­kus om jou bes­te te doen wat die op­voe­ding van jou kin­ders be­tref en jy moet jou Skep­per ver­trou om die res te doen. In­dien jou kind la­ter be­sluit om ’n an­der ge­loof te volg, moet jy hul­le steeds lief­hê. As jou kind ver­on­der­stel is om een­dag weer te­rug te kom en wéér jou ge­loof aan te neem, sál dit ge­beur.

Tye het in­tus­sen iet­wat ver­an­der en dit ís moont­lik om jou kind oor jou ge­loof te leer, deur hul­le aan te moe­dig om vrae te vra en son­der om on­no­di­ge vrees by hul­le in te boe­sem.

’n Boek oor ver­skil­len­de ge­lo­we, wat ou­ers kan help om die ge­sprek oor hul eie ge­loof en an­der ge­lo­we met hul kin­ders aan te voer, is: One Wor­ld, Ma­ny Re­li­gi­ons: The ways we wors­hip deur Ma­ry Po­pe Os­bor­ne. One Wor­ld, Ma­ny Re­li­gi­ons is be­skik­baar by www.a­ma­zon.com.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.