LIG EER­DER JOU KIND OOR GE­LOOF IN

Kuier - - Kuiercoach -

Ons leef in tye waar kin­ders by die skool aan an­der ras­se en men­se met ver­skil­len­de ge­lo­we bloot­ge­stel word. Praat dus o­pen­lik met jou kind oor an­der ge­lo­we. Doen dit só:

Kyk na die kwes­sie oor an­der ge­lo­we of kerk­li­ke de­no­mi­na­sies as ’n reis na ’n an­der land of wê­reld­deel. Die e­nig­ste tyd wan­neer jy nie jou kind oor an­der ge­lo­we hoef te ver­tel nie, is in­dien sy vir die res van haar le­we al­leen en in haar eie hok­kie gaan bly.

Na­tuur­lik is dit nie wat jy vir jou kind wil hê nie. Jy wil hê dat hul­le an­der wê­reld­de­le sien en goeie vrien­de maak, ook men­se wat an­der ge­lo­we volg.

Wan­neer jy jou kind oor jou eie ge­loof of kerk­li­ke de­no­mi­na­sie leer, is dit be­lang­rik om dit te doen son­der om an­der ge­lo­we as sleg of ver­keerd uit te maak. Fo­kus lie­wer meer op die goeie din­ge.

Dit is ook be­lang­rik dat jy as ou­er ’n goeie voor­beeld moet wees wan­neer jy jou kind oor jou eie ge­loof leer en wil hê dat sy jóú ge­loof volg.

As jy by­voor­beeld ’n we­der­ge­bo­re Chris­ten is en wil hê dat dit die pad moet wees wat jou kind volg, kan jy by­voor­beeld nie jou­self in ’n bui­te-eg­te­li­ke ver­hou­ding be­ge­we nie.

In­dien jy slegs oor dis­kri­mi­ne­ren­de of ne­ga­tie­we in­lig­ting oor an­der ge­lo­we be­skik, kry eer­der eers meer in­lig­ting.

Ont­hou wan­neer jy ’n vrees­li­ke prent­jie vir ’n kind pro­beer skil­der, dit dik­wels juis die kind se nuus­kie­rig­heid prik­kel om meer uit te vind of om die spe­si­fie­ke ding op die proef te stel.

Maak ook se­ker dat jy goeie lei­ding ont­vang oor hoe om die kwes­sie oor jou ge­loof teen­oor an­der s’n te han­teer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.