SMS

Kuier - - Kuierhoekie -

Tashnay Memphies (Sib­be se se­ë­ning, 5 A­pril 2017; R.I.P. Tashnay, 19 A­pril 2017), jy is nou God se blom in Sy he­mel­se tuin waar jy nooit sal ver­lep nie. Sterk­te aan haar mam­mie en boe­tie. Troos jul­le daar­in dat sy ge­luk­kig en vei­lig is. Dis net so hard­seer. My hart gaan uit na jul­le! ADWINA HOON, PIKETBERG

Ek is trots op jou Na­ta­lie Mar­tin (My Ge­tui­e­nis, 19 A­pril 2017). Wees sterk en doen dit vir jou kin­ders. Wys vir an­der ver­slaaf­des jy het dit reg­ge­kry en dat hul­le dit ook kan doen as hul­le wil. Jou kin­ders het jou no­dig. Sterk­te! HE­LEN MARSHALL, BONTEHEUWEL

Dis hart­seer, my oë skiet som­mer vol tra­ne. Ek het net so baie si­tu­a­sies van my eie, maar toe ek die ar­ti­kel (My Ge­tui­e­nis, 19 A­pril 2017) lees, kon ek nie an­ders as om skaam te voel vir dit wat dié vrou (Na­ta­lie Mar­tin) deur­maak in ver­ge­ly­king met my eie sa­ke nie. Ons sal maar net moet bid­dend bly vir me­kaar. ROSEMARY WILDEMA PACALTSDORP,

“Be­ter son­der be­ne” (5 A­pril 2017). Ek sa­lu­eer dié vrou (Ta­nya). Sy het my weer­eens laat be­sef hoe kos­baar die le­we is. Sy het diep in my hart ge­kruip; om te dink die mees­te van ons het al­twee ons be­ne en voe­te, dan kla ons nog­steeds oor als. Hier sit sy in ’n rol­stoel en is af­hank­lik van ab­so­luut nie­mand nie. Sy ver­trou reg­tig op die He­re. Skep moed en gaan aan met u mooi le­we. Dan­kie Kui­er vir al jul mooi en in­spi­re­ren­de sto­ries. FRANCES S­MALL, ROCKLANDS

Na aan­lei­ding van die ar­ti­kel oor die vrou, Ta­nya, son­der be­ne (Be­ter son­der be­ne, 5 A­pril 2017), wil ek haar baie ge­luk toe­wens, en vir haar sê baie dan­kie vir haar sto­rie. Ek be­ny al­tyd men­se met ge­brek, om­dat ek ook self in 1981 al 8 my vin­gers ver­loor het met ’n p­ress ma­chi­ne by die werk. Al­le lof en eer kom die He­re toe, om­dat Hy vir ons dit moont­lik maak om aan die wê­reld met ge­bro­ken­heid te be­wys en te sê: Die He­re leef en Hy voor­sien al­tyd in al ons be­hoef­tes! Baie sterk­te da­me en mag die He­re jou en jou kin­ders, as­ook jou ou­ers, baie ryk­lik se­ën. F­RIE­DA A­DAMS, PE

R.I.P. Tashnay (19 A­pril 2017; Sib­be se se­ë­ning, 5 A­pril 2017). My hart gaan uit na die fa­mi­lie van Tashnay (Memphies). Wat­ter lief­de het haar broer nie vir sy sus­sie ge­had om dié groot ge­skenk te ge­gee het om haar te help nie. May her soul rest in pe­a­ce and ri­se in glo­ry. KATHY PAULSE NICKOLA, RAVENSMEAD

Kui­er is ’n moet-hê­tyd­skrif in jou huis. Al die in­spi­re­ren­de sto­ries (wat jou so on­op­hou­de­lik kan laat huil saam met die seer­kry-men­se) is ge­noeg stof tot na­den­ke. Na­z­lie Man­chest (Sy ál aan­hou swem, 19 A­pril 2017) se sto­rie; die tra­ne rol. Al­le sterk­te! NOR­MA MAT­THEWS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.