Hal­lo my Kui­er- men­se,

Kuier - - Kuierhoekie -

Dis se­ker ’n bie­tjie on­no­dig om te sê dat die Moe­ders­dag-uit­ga­we el­ke jaar ’n baie spe­si­a­le plek op ons ka­len­der het. Maar ons kan nooit ge­noeg dan­kie-sê en hul­de bring aan die vroue wat, ten spy­te van so­veel strui­kel­blok­ke en uit­da­gings, hul ge­sin­ne en dus hul ge­meen­skap­pe – en daar­om ui­t­ein­de­lik hier­die he­le land – staan­de hou nie.

El­ke nu­we ge­ne­ra­sie ma’s het reg­tig hul eie stel uit­da­gings wat hul­le moet oor­kom om vir hul kin­ders die bes­te toe­koms moont­lik te ver­se­ker. Maar baie min ma’s sou die uit­da­gings van hul tyd kon oor­kom as dit nie was vir die les­se wat hul­le op hul beurt by húl ma’s ge­leer het nie.

Dis dan ook geen won­der dat so­veel vroue sê hul ma’s is hul in­spi­ra­sie nie. En hier praat ek van el­ke vrou wat ook die rol van die ma in ie­mand se le­we ver­vul het – die ou­mas, tie­ties, anties om nie van die tal­le mans te ver­geet wat soms nood­ge­dwon­ge pa én ma moet wees nie.

In hier­die uit­ga­we pro­beer ons hul­de aan al­mal van jul­le bring en na­tuur­lik is daar nie ge­noeg plek hier nie, want jul­le is die su­per­hel­de in ons eie hui­se wie se goeie da­de so dik­wels mis­ge­kyk word.

Ons is al­mal ie­mand se kind en daar­om hoop ek jul­le sien ook iets van jul­le eie ma in dié sto­ries.

Moet ook nie die in­te­res­san­te ak­tu­e­le ar­ti­kel oor rom­mel­sta­tus mis nie, want dit raak ons al­mal se sak­ke!

Tot vol­gen­de keer,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.