FA­CE­BOOK

Kuier - - Kuierhoekie -

My dog­ter is baie vol fie­mies, maar ek steur my net mooi niks. Ek maak net een pot kos en as sy dit nie wil eet nie, maak sy vir haar­self Kel­logg’s of droë to­ast. Sy is mal hier­oor. Sy eet nie vis nie, so die (Paas)na­week het ek my glad nie aan haar ge­steur nie. JEN­NI­FER GE­OR­GE

Ons het ook die vol­gen­de vrae op Fa­ce­book ge­vra: 1. Ver­skil jou eet­ge­woon­tes baie van dié van jou huis­ge­sin en hoe maak jy as dit kom by kos­maak? Só het ons le­sers ge­ant­woord:

Aan die Kui­er- span, wel­ge­daan met hier­die puik uit­ga­we ( Kui­er, 19 A­pril 2017). Net ’n klein ver­soe­kie as­se­blief: ’n Pa­troon vir ’n pon­cho? Ek wil een vir my­self brei. By­voor­baat dank. ZULEIGA SADICK

Won­der­lik! Die Sasha-Lee Da­vids-ar­ti­kel (Sasha-Lee is te­rug, 19 A­pril 2017), was ook be­slis voor­blad-ge­hal­te. Puik werk. EL­TON VAN WYK

Ag moe­der­lief, te kos­te­lik. God se ryk­ste se­ën Ela­na, met jul­le nuut­ste bon­del­tjie vreug­de (Ela­na se en­gel­tjies, 19 A­pril 2017). LUZAAN BAR­NARD

Ja, ek kook a­part. Ek eet meest­al vrug­te en groen­te en hul­le (my ge­sin) hou van stews. Wan­neer ons uit­eet is dit ’n nag­mer­rie vir my, want als be­vat sui­ker en/of bot­ter en ’n bak­kie slaai doen dit nie al­tyd vir my nie. Die S­pur en an­der eet­plek­ke kan ge­rus ge­son­der me­nus kry. LISA BAR­NES

My man en kind is hap­py met al­les wat ek vir hul­le twee voor­sit en hul­le al­bei is glad nie vol fie­mies nie. Moet net nie vark vir hul­le gee nie, maar ek eet dit self. ’n Vark-tjop is dan al­tyd so lek­ker. YO­LAN­DA JO­SEPH

My seun eet niks an­der vleis be­hal­we hoen­der nie, so as ek iets vir my­self en sy pa maak, moet ek al­tyd hoen­der vir hom maak. So ek maak ge­woon­lik net die vlei­se a­part maar die groen­te saam. Dis baie werk, maar ek is al ge­woond daar­aan. SURAJA LOU­RENS

Ek eet nie kos met uie in nie. So ek maak self kos en sny som­mer heel­te­mal die uie uit. Ek ge­bruik eer­der knof­fel en g­reen pe­pers. THEO BURKE

Wat ’n nag­mer­rie. Ek moet soms drie ver­skil­len­de ge­reg­te maak. DE­NI­SE WITBOOI

2. Wat dink jy van die feit dat ou­ers ook ge­straf kan word vir hul kin­ders wat die wet oor­tree? Ons het in die vo­ri­ge uit­ga­we ’n ar­ti­kel hier­oor ge­doen (Hof kán die ou­er straf, 19 A­pril 2017) waar ons meer uit­brei oor die regs­kwes­sie en wat dit be­hels in vir ou­er en kind in­hou.

Dis pu­re non­sens. Die kind is dees­dae die ou­er. Laat daai“groot­mens”dan maar self gaan uit­spring vir werk. Ons was lek­ker ge­piets as kin­ders, dis hoe­kom ons nou nog re­spek het vir groot­men­se. A­NI­KA KAYSER

Dis on­reg­ver­dig van die wet om só te be­slis. Ou­ers maak hul kin­ders groot na die bes­te van hul ver­moë. Ek voel dis nie reg­ver­dig teen­oor e­ni­ge ou­er om ge­straf te word vir hul kin­ders se da­de nie. Wat­ter ou­er sal sy/haar kind stuur om ver­keer­de din­ge te gaan doen? As ek ie­mand moet bla­meer sal dit die re­ge­ring wees, want jin­ne, ons kin­ders het nie werk nie. En wat sien hul­le? Die ben­des en die blink goed (wat hul­le flash). Daar­om maak hul­le van ons kin­ders“d­rug­gies”, wat ons nie wil hê hul­le moet wees nie. Pleks die re­ge­ring werk skep vir die kin­ders en op­hou om ou­ers be­trek met hul strooi ge­dag­tes. YO­LAN­DA JO­SEPH

Ja­re ge­le­de het die prin­si­paal en on­der­wy­sers die leer­ders gaan op­soek by hul hui­se, ver­al dié wat so baie uit­ge­bly het. Die ou­ers was nog­al bly en daai kin­ders het lek­ker pak­ge­kry, want pa en ma is by die werk en weet nie al­tyd wat hul kin­ders aan­vang nie. Ek stem saam met die wet dat som­mi­ge ou­ers wel na­la­tig is en glad nie om­gee vir hul­le kin­ders wat ge­leerd­heid be­tref nie. SHEENA VAN DER R­HEE­DE

As die wet kin­ders as groot­men­se aan­sien wat nie pak­ge­gee en ge­straf mag word tuis nie, hoe­kom moet die ou­ers ge­straf word vir dié groot­men­se se strooi? Nooit ge­sien nie! VA­NES­SA MATON

Nee wat, ek stem glad nie saam nie. Daar­die ma of pa het hul­le bes ge­doen om daar­die kind or­dent­lik groot te maak. Hoe en wat­ter le­wens­keu­ses die kind maak is sy/haar eie be­sluit. Ek praat uit on­der­vin­ding. LEZL PIE­TER­SEN

Ver­skoon my! Ek het my bes ge­doen wat ek kan – praat, slaan, maar hoor is min en dit als ná ’n eg­skei­ding. So wie moet ver­ant­woor­de­lik ge­hou word, ek of sy pa? Li­fe is all a­bout choi­ces. MERIM WAGENAAR

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.