SAKEVROU:

Vrou staan haar man in taw­we kon­struk­sie­be­dryf

Kuier - - INHOUND -

Om te kraam is vir die mees­te vroue oor­wel­di­gend, maar om in die kraam­saal ’n wer­kop­roep te ont­vang én te be­ant­woord, is vir T­he­re­sa Cu­pi­do van Dur­ban­vil­le in die Kaap bu­si­ness as u­su­al.

T­he­re­sa was só vas­be­slo­te om van haar be­sig­heid wat si­vie­le in­ge­ni­eurs diens­te ver­skaf, ’n suk­ses te maak dat sy haar sel­foon aan­ge­hou het ter­wyl sy ne­ge jaar ge­le­de die le­we aan haar dog­ter­tjie ge­skenk het.

“Ek moes maar die op­roe­pe be­ant­woord ter­wyl ek be­sig was om te kraam, want dit was be­lang­ri­ke be­slui­te vir die be­sig­heid wat nie son­der my ge­maak kon word nie. En hoe­wel my kin­ders goed be­plan was, het ek geen kraam­ver­lof ge­vat nie om­dat ek da­de­lik moes te­rug werk toe,”ver­tel T­he­re­sa.

ver­skil­len­de rol­le

Van­dag kan dié 47-ja­ri­ge ma van ’n seun­tjie, Aron (13), en dog­ter­tjie, Storm (9), eg­ter met trots te­rug­kyk op die op­of­fe­rings wat sy moes maak om haar be­sig­heid te laat werk. En vir T­he­re­sa was een van haar grootste uit­da­gings om vas­trap­plek te kry in ’n be­dryf wat deur mans oor­heers word, want hul­le het haar glad nie met ope arms ver­wel­kom nie, ver­tel sy.

Dan moes sy boon­op steeds al haar plig­te as ma en vrou by die huis na­kom. En mak­lik was dit be­slis nie om tyd vir al­les en al­mal te vind nie. T­he­re­sa skryf haar suk­ses toe aan har­de werk en haar be­gin­sels.

“Suk­ses kom nie van­self nie, maar deur har­de werk en er­va­ring. My sterk Chris­te­li­ke be­gin­sels gee my die krag om in die og­gend op te staan en die dag met ’n glim­lag te om­hels,”sê T­he­re­sa.

Sy ver­tel sy het met ’n om­pad by si­vie­le in­ge­ni­eurs­we­se be­trok­ke ge­raak.“So­wat 12 jaar ge­le­de het ek by ’n klein­han­del­maat­skap­py ge­werk en my man ge­help om ver­slae vir die Pa­don­ge­luk­ke­fonds te skryf. Die ver­slae het baie te doen ge­had

met paaie, pad­on­ge­luk­ke en waar dit plaas­ge­vind het. En elke keer wat ek moes uit­gaan om na die on­ge­luks­to­ne­le te gaan kyk en ge­sien het hoe die paaie lyk, was dit soos ’n gog­ga wat my byt. Toe het ek be­gin vrae vra en krap­pe­rig ge­raak.”

T­he­re­sa moes eg­ter har­de klip­pe kou voor sy in hier­die mans­be­dryf haar voet in die deur ge­kry het.“Ek het ba­sies my­self in dié be­dryf ge­for­ce. Ek het elke dag o­ral om my net mans ge­sien en hul­le het dit nie mak­lik ge­maak vir my nie. Hul­le wou die heel­tyd weet wat soek ek daar, maar ek het be­sluit niks gaan my keer nie en het aan­ge­hou vrae vra en van hul­le ver­skil om my­self te be­wys.”Deur aan te hou om met die mans in die be­dryf te de­bateer en haar me­ning te laat geld, het T­he­re­sa be­wys sy is daar om te bly en na­der­hand hul re­spek af­ge­dwing.

Dees­dae sit die mans in die be­dryf nie meer vir T­he­re­sa af nie, want sy weet hoe om self haar man te staan.“Ek druk my stem­pel af deur sen­se te praat. Mans sien nie din­ge in die­self­de lig as vroue nie en ek weet vroue maak ’n groot ver­skil in die om­ge­wing. Só het ek my­self, deur die er­va­ring wat ek in die be­dryf op­ge­doen het, be­mag­tig. Die man­ne wat nou on­der my werk, het groot re­spek vir my om­dat ek ’n men­se-mens is. Ek het ’n ge­son­de ver­hou­ding met hul­le en ek dwing be­lang­ri­ke be­gin­sels af.”

As vrou wat haar plek ge­vind het in ’n be­dryf wat heel­te­mal deur mans oor­heers word, sien T­he­re­sa eer­ste­hands dat daar ’n groot be­hoef­te is om meer vroue te in­spi­reer om ook hul voe­te nat te maak in be­dry­we soos ha­re en an­der wat vroue voor­heen ge­dink het nie vir hul­le be­doel is nie. “Ek het al vrou­li­ke stu­den­te in si­vie­le in­ge­ni­eurs­we­se in­ge­bring so­dat hul­le aan die be­dryf bloot­ge­stel kan word. My mot­to is: Each one te­ach one. Ek glo jy moet pro­fes­si­o­ne­le men­se in die in­dus­trie kry om an­der te be­mag­tig.”

T­he­re­sa moe­dig al­le vroue aan om bui­te die boks te dink, vrae te vra en jou­self te laat geld.“Ek lo­ve chal­len­ges. Daar is geen bang haar op my lyf nie om­dat ek my­self al­tyd ge­reed hou vir self­be­mag­ti­ging.”

Vol­gens haar is dié in­ge­steld­heid eint­lik al­les te dan­ke aan haar ma wat op ’n jong ou­der­dom vir T­he­re­sa ver­ant­woor­de­lik­heid ge­leer het toe sy smid­dae in haar ma se win­kel moes werk. Ag­ter elke suk­ses- vol­le vrou staan ’n ou­er weer­ga­we van haar­self, glo T­he­re­sa.

“My ma het ’n win­kel ge­had en op twaalf moes ek haar smid­dae gaan af­los so­dra my huis­werk klaar was. Sy het my ge­kies om ná skool daar te werk en op my staat­ge­maak om die aan­ko­pe te doen en voor­raad te tel. Hoe ou­er ek ge­word het, het dit al hoe moei­li­ker ge­word om dié werk te doen en by te hou met my skool­werk. Ek moes vroeg op­staan om te leer en boon­op vir die melk­man oop­maak.”

Haar suk­ses

T­he­re­sa is die twee­de jong­ste van vyf en moes ook haar ma help kos­maak. So, sy het al van jongs af ge­weet van hard werk en op­of­fe­rings. Maar dit was da­rem nie al wat haar kin­der­dae in­ge­hou het nie. Een van die goed wat sy die mees­te ge­niet het, was om haar pa, ’n me­cha­nic, te help wan­neer hy aan an­der men­se se mo­tors ge­werk het. T­he­re­sa ont­hou sy was al­tyd by­der­hand om vir hom span­ners aan te gee en dink dis waar haar lief­de van­daan kom om tas­ba­re pro­jek­te te doen waar jy aan die ein­de van die dag kan te­rug­staan en sien wat jou han­de­werk be­reik het.

Vol­gens haar was dit nie des­tyds al­tyd mak­lik om as kind haar skool- en huis­ta­ke ge­daan te kry nie, maar sy glo dít het van haar ’n self­stan­di­ge mens ge­maak. Van­dag is sy self ’n ou­er en leer sy haar kin­ders ook van ’n jong ou­der­dom om on­af­hank­lik te wees en hoe om ’n sko­lier, maar ter­self­der­tyd ook kind te wees.“Ek maak my kin­ders veel­vaar­dig groot. Ek leer hul­le die be­lang­rik­heid van on­der­rig, om hard te werk, geld te maak so­wel as hoe om daar­mee te wer­ke te gaan.

“Om die klein din­ge­tjies in die le­we te waar­deer en groot re­spek vir an­der te hê, on­ge­ag die om­stan­dig­he­de, is baie be­lang­rik. Son­der har­de werk sal jy niks in die le­we be­kom nie. Stel doel­wit­te vir jou­self en be­raam ’n stra­te­gie­se plan om dit te be­reik.”

Nes sy des­tyds moes sorg dat sy haar tyd ba­lan­seer, moet sy van­dag as be­roeps­vrou en ma ook sorg dat sy al haar ver­ant­woor­de­lik­he­de na­kom.

As ei­e­naar en be­stu­ren­de di­rek­teur van ATN Group, wat ’n reeks si­vie­le in­ge­ni­eurs­diens­te aan ver­al staats­in­stel­lings bied, moet T­he­re­sa ver­se­ker dat al die pro­jek­te wat aan die maat­skap­py toe­ge­ken word, suk­ses­vol uit­ge­voer word.

“Ek het ’n span van hoof­saak­lik mans wat on­der my werk en aan my rap­por­teer. Pro­jek­te word met my be­spreek en daar­na word die ver­skil­len­de ta­ke on­der elke groep in ver­deel. Die kon­trak­teur en pro­jek­be­stuur­ders werk dan saam om ’n pro­jek uit te voer. In­dien daar ’n pro­bleem op­duik wat hul­le nie kan op­los nie, kom ek in en werk iets uit, ”ver­dui­de­lik T­he­re­sa.

Maar as sy saans by die huis kom, wil sy net ma en vrou wees.

“As ek by die huis kom, skop ek my skoe­ne uit om te luis­ter na my kin­ders wat al­bei ge­lyk met my wil praat. Ek moet hul vrae be­ant­woord en tus­sen vrou­wees en moe­der­skap jug­gle.”

Sy bring dit al­les te­rug na haar eie ma se les­se wat haar ge­leer het hoe om vrou­lik te wees, goed aan te trek en ook om nie op ’n man staat te maak nie. By haar ma het sy ook ge­leer om haar­self te be­mag­tig en om te ver­geet sy is ’n vrou so­dat sy al­les ge­doen kry.“En van­dag pluk ek die vrug­te daar­van,”sê sy trots.

HOOFFOTO: T­he­re­sa Cu­pi­do (47) van Dur­ban­vil­le be­sit van­dag haar eie suk­ses­vol­le si­vie­le in­ge­ni­eurs­maat­skap­py. REGS: Sy is self be­trok­ke by al­le pro­jek­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.