VERMAAK:

Sin­gen­de dok­ter leef al­twee sy loop­baan­pas­sies uit

Kuier - - INHOUND -

nie al­mal is so be­voor­reg om twee loop­ba­ne te volg en vol­ko­me ver­vul­ling in al­twee te vind nie. Maar vir Marc Hendricks (42), ook be­kend as die“Sin­ging Doc­tor”, is dít sy le­we.

Hy skryf al mu­siek van­dat hy ’n tie­ner is en het on­langs sy eer­ste so­lo-al­bum be­kend­ge­stel. Maar Marc Hendricks (44) van Cra­w­ford in Kaap­stad is nie net ’n mu­si­kant nie, hy is ook ’n dok­ter wat spe­si­a­li­seer in pe­di­a­trie­se on­ko­lo­gie by die Rooi Kruis-kin­der­hos­pi­taal.

Marc het reeds op la­er­skool mu­siek be­oe­fen en pre­sies ge­weet wat­ter loop­baan hy ná skool wil volg – sy eer­ste keu­se was om ’n vee­arts te word – maar dit was nie moont­lik des­tyds nie. Sy twee­de keu­se was siel­kun­de, maar sy ou­ers was nie te gaan­de daar­oor nie. Hy het uit­ein­de­lik be­sluit op me­dies.

Mu­siek was nog al­tyd deel van sy le­we – hy het op­ge­groei in ’n mu­si­ka­le fa­mi­lie – en hy het nooit eens daar­aan ge­dink om mu­siek te stu­deer nie, om­dat hy dit al sy he­le le­we lank ge­doen het.

Maar na af­loop van sy me­die­se in­tern­skap­jaar in 1997 het Marc ’n tyd­jie af­ge­vat om mu­siek op te neem na­dat hy ’n kon­trak met BMG A­fri­ka ge­te­ken het.

In die laat ne­ën­tigs het hy toe twee en­kel­snit­te met sy vriend en mu­si­kant, Ga­vin Gold­berg, op­ge­neem. Een van die lied­jies,“Sa­tisfy”, het ’n SAMA-be­noe­ming in die ka­te­go­rie bes­te pop/roc­ken­kel­snit in 2001 ge­kry. Dít wat to­taal on­ver­wags, ver­tel Marc op­ge­won­de. “Om só er­ken te word, was on­ge­loof­lik. Ek was toe net 24 of 25 jaar oud. Dit was die laas­te ding wat ek ver­wag het.”Marc en Ga­vin het la­ter in 2001 ’n vol­le­di­ge al­bum, C­le­ar, uit­ge­reik.

Ná dit het hy aan­ge­hou mu­siek kom­po­neer vir an­der kuns­te­naars, in­slui­tend Ju­dith Sep­hu­ma en Pe­ter Grant.

In 2001 het hy be­sluit om sy me­die­se loop­baan by die Rooi Kruis-kin­der­hos­pi­taal te her­vat. Om ’n vol­tyd­se dok­ter én mu­si­kant te wees, was eg­ter nie ge­noeg vir Marc nie. Hy is ook be­trok­ke by die on­der­rig van me­die­se stu­den­te, na­vor­sing en is die hoof van die trans­for­ma­sie- groep in die de­par­te­ment van pe­di­a­trie en kin­der­ge­sond­heid by die hos­pi­taal.

As deel van die U­ni­ver­si­teit van Kaap­stad (UCT), spreek dié groep ver­skeie kwes­sies aan wat met trans­for­ma­sie te doen het, in­slui­tend kon­flik­op­los­sing, taal, ge­slag, na­si­o­na­li­teit en dies meer.

“As ’n groep glo ons dat die ma­nier waar­op ons me­kaar be­han­del, sen­traal tot trans­for­ma­sie is. Dus is die werk ge­fo­kus op die ont­wik­ke­ling van ’n in­klu­sie­we, di­ver­se, vei­li­ge in­sti­tu­si­o­ne­le kul­tuur met die ver­sor­ging van kin­ders en fa­mi­lies in sy kern.”

mu­si­ka­le ge­sin

Marc het in A­pril van­jaar sy de­buu­tal­bum, U­prig­ht Ci­ti­zen, uit­ge­reik. Die op­brengs van die CD-be­kend­stel­ling is aan die Rooi Kruis-kin­der­hos­pi­taal ge­skenk om die trans­for­ma­sie­pro­jek­te te on­der­steun.

Een van die lied­jies op dié al­bum, “Ne­ver For­get”, het hy reeds in 1997 ge­skryf. Vol­gens hom was hy nie ’n goeie lied­jie­skry­wer toe hy in sy tie­ner­ja­re daar­mee be­gin het nie.“Dit gaan oor vol­har­ding en oe­fe­ning. As jy hou daar­by, word jy be­ter.”

Marc be­skryf sy mu­siek as ’n meng­sel

van die mu­siek waar­mee hy groot­ge­word het, soos a­dult con­tem­po­ra­ry, R& B, soul, La­tin en A­fro-pop. Sy lied­jies is sto­ries wat op sy le­wens­er­va­rings ge­ba­seer is.“Een lied­jie gaan oor my in­ter­ak­sie met die kin­ders by die werk (hos­pi­taal), die ge­sprek­ke wat ek het oor moei­li­ke din­ge, verhoudings en dies meer.”

Marc is ge­luk­kig dat hy nooit hoef te kies tus­sen me­dies en mu­siek nie. Hy was al­tyd be­sig met mu­si­ka­le pro­jek­te reg­deur sy me­die­se loop­baan en daar was tye wat dié twee oor­kruis het. In 2012 het hy by­voor­beeld die vie­rin­ge van die 100ste be­staans­jaar van UCT se fa­kul­teit van ge­sond­heids­we­ten­skap­pe ge­re­ël en op­ge­tree.

Maar waar kry hy tyd vir al­les?“Dit verg self­dis­si­pli­ne; jy vind die tyd om­dat jy tyd daar­voor maak. Dit vat toe­wy­ding om te be­sluit om ’n pro­jek soos dit (so­lo-al­bum) te doen.”Dit het 20 maan­de ge­neem om die CD te vol­tooi. Dit was moei­li­ker toe hy nog in me­die­se op­lei­ding was, ver­al toe hy moes op­tree. Dit het eg­ter be­ter ge­word soos hy ou­er en meer vol­was­se ge­word het.

Bei­de sy lief­de vir diens­le­we­ring en mu­siek kom van sy ou­ers en die ma­nier waar­op hy groot­ge­word het. Al­bei sy ou­ers was baie be­trok­ke in hul ge­meen­skap en Marc en sy twee ou­er sus­ters het in ’n kul­tuur van diens groot­ge­word.

Vol­gens hom is dit geen ver­ras­sing dat bei­de sy sus­ters on­der­wy­sers is en dat hy ook in ’n loop­baan is waar die fo­kus op die ver­sor­ging van jong kin­ders is nie.

Marc het in ’n baie mu­si­ka­le huis groot­ge­word. Sy ou­ers het arm groot­ge­word en kon aan­vank­lik nie be­kos­tig om mu­siek­in­stru­men­te aan te skaf nie. Hul­le was eg­ter vas­be­slo­te dat hul kin­ders gaan leer hoe om kla­vier te speel. Sy ou­ers het ’n reg­op kla­vier ge­koop waar­op hy en sy sus­ters leer speel het. Hy het die kla­vier o­ral saam­ge­neem waar­heen hy ook al ver­huis het en dit is steeds in hul fa­mi­lie – meer as 40 jaar la­ter – en is steeds in ’n goeie toe­stand. Vol­gens Marc is hy self ’n“ci­ti­zen”van daar­die kla­vier – al­dus die ti­tel van sy al­bum.

“My neefs wat nou leer hoe om mu­siek­in­stru­men­te te be­speel, het ’n voor­deel om daar­die in­stru­ment te hê. My een neef is baie mu­si­kaal,”ver­tel hy.

Marc en sy sus­ters het in die kerk groot­ge­word en dit is waar sy mu­si­ka­le wor­tels ook van­daan kom.“Son­dae het ons kerk toe ge­gaan, daar was geen de­bat daar­oor nie. Deel daar­van was om die mu­siek te leer wat in die kerk ge­speel word.”Ook saans ná aand­e­te en na­dat hul­le die skot­tel­goed ge­was het, het Marc en sy sus­ters al­tyd rond­om die kla­vier ge­staan en sing. Hul­le het son­gs uit ou ge­sang­boe­ke ge­sing. Hul fa­mi­lie doen dit nog steeds, ver­tel hy.“Ná mid­dag­e­te ty­dens Paas­fees het ons weer die song-boe­ke uit­ge­haal en rond­om die kla­vier ge­staan en sing.”Daar word ge­reeld vir hom ge­vra wat hy sou doen as hy moes kies tus­sen ’n mu­siek- en me­die­se loop­baan. Hy dink eg­ter nie baie daar­aan nie om­dat hy in ’n po­si­sie is waar hy al­bei kan doen.

Ty­dens ver­skil­len­de sta­di­ums in Marc se le­we het die een of die an­der al die ag­ter­ste sit­plek ge­neem – so­dat hy bie­tjie meer op die an­der een kon fo­kus. Daar kan eg­ter ’n tyd kom wan­neer hy dalk sal moet kies weens die een se ei­se of ge­leent­he­de wat kan op­duik, maar so­ver was dit nog nie die ge­val nie, sê Marc. “Ek is lief vir die mens-ge­sen­treer­de aard van me­dies, die a­ka­de­mie­se sti­mu­la­sie en dat dit ge­or­ga­ni­seerd is. Mu­siek ver­vul eg­ter ’n an­der deel van my: My lief­de vir skryf en op­tre­de en dit laat my toe om sin van die wê­reld te maak. Ek kan reg­tig nie ’n le­we son­der een van dié twee voor­stel nie.”

U­prig­ht Ci­ti­zen is be­skik­baar vir aan­ko­pe op die mees­te aan­lyn­plat­forms, in­slui­tend Ap­ple ITu­nes, S­po­ti­fy, Ap­ple Mu­sic, Google Mu­sic, YouTu­be Mu­sic en Dee­zer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.