GELDSAKE:

Hoe jou skuld jou kin­ders af­fek­teer

Kuier - - INHOUND -

wan­neer ’n ge­sin skie­lik in ’n fi­nan­si­ë­le kri­sis ge­dom­pel word, is dit dik­wels die kin­ders wat die swaar­ste kry. Hul­le ver­staan nie hoe hul ou­ers skie­lik nie meer din­ge soos skool­uit­stap­pies of nu­we tek­kies kan be­kos­tig as daar voor­heen geen pro­bleem was nie.

Die ge­sin se geldsake is nie iets wat nood­wen­dig tus­sen ou­ers en kin­ders be­spreek word nie. Maar wan­neer jou ge­sin skie­lik in ’n geldkrisis be­land, is dit ui­ters be­lang­rik om jou kin­ders daar­van in te lig. Geld­pro­ble­me kan groot angs­tig­heid en on­se­ker­heid by kin­ders ver­oor­saak. Maar as jy die saak reg be­na­der, kan jy din­ge vir jou kin­ders bie­tjie mak­li­ker maak. Leigh Da­niels* (45) van Rus­ten­burg het eer­ste­hand­se on­der­vin­ding van hoe ’n kind se wê­reld heel­te­mal om­ge­keer word as ou­ers se geld op­raak. Leigh se pa het skie­lik sy werk by ’n myn ver­loor toe sy tien jaar oud was. Haar ma was ’n skoon­ma­ker by ’n ge­meen­skaps­kli­niek en het bit­ter­min ver­dien. Leigh, ’n e­nig­ste kind, was skie­lik on­se­ker oor baie din­ge.

“Ek het ag­ter­ge­kom my ma en pa praat baie ag­ter toe deu­re. Dis iets wat nooit voor­heen ge­beur het nie. Soms sou hul­le ba­klei en my ma in tra­ne wees. Ek het ge­weet my pa het nie meer werk nie. Hul­le het vir my ge­sê Dad­dy het sy werk ver­loor om­dat dit sleg gaan by die myn waar hy ge­werk het. Met­ter­tyd het ons kos­pak­kies van ’n ge­meen­skaps­or­ga­ni­sa­sie in die dorp be­gin ont­vang. En wan­neer my skool­kle­re te klein was of my skoe­ne los­ge­trek het, het ons eers by die kerk­kan­toor aan­ge­klop, en as hul­le nie kon help met twee­de­hand­se kle­re nie, het ons na die skool se kle­re­bank toe ge­gaan waar ons die kle­re vir baie goed­koop kon kry,” ver­tel sy.

“Dit was vir my ver­skrik­lik. Skie­lik was ek een van daai kin­der­tjies vir wie ek al­tyd jam­mer ge­kry het. Ek was skaam. Die si­tu­a­sie het my on­se­ker laat voel en ek wou nie meer met my maat­jies speel nie, want ek was bang vir wat hul­le van my dink. My

ma het ’n he­le paar maan­de la­ter ’n be­ter skoon­maak­werk ge­kry en ons kon da­rem weer soort­van kop bo wa­ter hou, maar niks luuks nie en geen ek­stras nie. Ver­al nie ver­jaar­dag­pre­sen­te of so nie.”

Leigh se pa het twee jaar la­ter eers weer as se­ku­ri­teits­wag werk ge­kry. Die on­der­vin­ding as kind het ’n groot im­pak op haar ge­had en van­dag werk sy self baie ver­sig­tig met haar geld.

“Ek en my man praat ge­reeld oor geld met ons kin­ders. Ons leef spaar­sa­mig, maar be­derf hul­le wan­neer dit ’n ver­jaar­dag of Kers­tyd is. Ek is ver­al baie angs­tig daar­oor om so­veel as moont­lik geld te spaar, so­dat wan­neer daar een­dag ’n kri­sis is, ons da­rem iets het om op te­rug te val.”

kin­ders kry swaar

Rie­nie Ven­ter, werk­saam by Hel­plift, ’n or­ga­ni­sa­sie in die Vaal­drie­hoek in Gau­teng wat men­se in nood by­staan, sê kin­ders is maar die grootste ly­den­de par­ty wan­neer ge­sin­ne skie­lik be­gin swaar­kry.“Dit voel vir hier­die kin­der­tjies of al­mal van hul­le geld­pro­ble­me weet. Hul­le be­gin hul­self af­son­der, wil nie meer met maat­jies speel nie en stel baie keer glad nie meer be­lang in hul skool­werk nie. Dit is vir hul­le ’n ver­leent­heid en hul­le voel skaam. Hul­le is nou daar­die kind wat ge­borg word deur ’n an­der maat­jie se ou­ers, waar hul­le eie ou­ers dalk voor­heen die borg was. Hul­le is nou self‘daar­die an­der kind’.”

Rie­nie se raad aan ou­ers is om, wan­neer daar skie­lik ’n geldkrisis is, eer­stens met die kin­ders daar­oor te praat.“Ont­hou, jy as ou­er gee hoop en se­ker­heid. Sê vir jou kin­ders jul­le gaan nou deur ’n moei­li­ke tyd. Die geld is min en jul­le moet nou kyk waar jul­le kan af­skaal,” sê sy.

Uit on­der­vin­ding weet Rie­nie dat in ge­val­le waar kin­ders ui­ter­ma­tig“be­derf” was deur die ou­ers en al­les kon kry wat hul har­te be­geer, dit veel moei­li­ker is vir daar­die kin­ders om ’n skie­li­ke geld­skaars­heid te aan­vaar.“Ek het be­sef ons trap al­mal in die strik om ons kin­ders al­les te wil gee wat hul­le be­geer. Ek het ook be­sef dit is juis die fout. Leer jou kind eer­der van kleins af die waar­de van geld, al is daar ’n oor­vloed geld. Leer jou kind hoe om met geld te werk en hoe om geld te waar­deer, eer­der as om geld as van­self­spre­kend te aan­vaar.”

Ma­rin­da Bo­tha, ’n op­voed­kun­di­ge siel­kun­di­ge by Mo­men­tum, sê as jy self ’n po­si­tie­we rol­mo­del is en vir jou kin­ders wys hoe jy ook be­reid is om uit die si­tu­a­sie te leer, sal hul­le die­self­de in­ge­steld­heid hê.

Ma­rin­da gee ver­der raad oor le­sers se spe­si­fie­ke si­tu­a­sies:

Ons is skie­lik in ’n fi­nan­si­ë­le ver­knor­sing ge­dom­pel na­dat ons ’n groot klomp geld in ’n geld­ske­ma ver­loor het. Ek sien my kind (10) is angs­tig hier­oor. Ek weet nie hoe om die saak met haar aan te pak nie.

Kin­ders kan span­ning by hul ou­ers aan­voel en al­hoe­wel ons baie keer dink dat dit be­ter is om nie met hul­le daar­oor te praat nie, kan dit hul­le meer angs­tig laat voel.

Kies ’n tyd wan­neer al­mal by die huis en rus­tig is, sit en ver­dui­de­lik die si­tu­a­sie aan jou kin­ders. Dit is nie no­dig om vir hul­le te veel de­tail te gee wat hul­le nie sal ver­staan nie. Ver­dui­de­lik bloot dat jul­le geld ver­loor het en vir ’n ruk lank mooi gaan moet kyk na hoe jul­le jul geld span­deer.

Ver­dui­de­lik dit kan be­te­ken dat al­mal se­ke­re goed sal moet op­gee of dat jul­le as ge­sin nie so­veel uit­stap­pies sal kan hê nie, maar dat jul­le moei­te gaan doen om steeds lek­ker din­ge te doen wat nie geld kos nie.

As ou­er kan jy ook er­ken dat jy be­kom­merd is, maar ver­se­ker jou kin­ders dat jul­le ’n plan in plek het om die si­tu­a­sie te han­teer. Moe­nie jou kind se skou­er ge­bruik om op te huil nie, net soos om stil te bly oor als meer span­ning by hul­le kan ver­oor­saak, net so kan dit hul­le ge­span­ne maak in­dien hul voel hul­le is saam jou ver­ant­woor­de­lik om die pro­bleem op te los.

si­tu­a­sie verander

Die fi­nan­si­ë­le si­tu­a­sie was nooit ”gre­at” nie, maar ons het nog al­tyd kop bo wa­ter ge­hou. My kind kon da­rem deel­neem aan een of twee bui­te­muur­se ak­ti­wi­tei­te wat nie ver­band hou met skool nie; ons kon nou en dan gaan uit­eet by die S­pur; en wan­neer skoe­ne te klein ge­word het, was dit nie ’n pro­bleem om nu­wes te koop nie.

Nou is din­ge dras­ties an­ders. Ons suk­kel al ge­rui­me tyd om met ons geld uit te kom na­dat my man sy werk ver­loor het. Ons moet nou met ’n ou­er kar ry. Ek kan sien my kind (13) skaam hom vir ons. Ek wil graag hê my kind moet weer sy kop op­tel. Hoe han­teer ek die saak met my kind?

Kin­ders van daar­die ou­der­dom is ver­al sen­si­tief oor hul beeld aan die wê­reld en kry mak­lik skaam vir hul ge­sin, ma se haar­styl of die ou­er kar waar­mee hul­le af­ge­laai word. Die bes­te ma­nier om dit te han­teer, is om vir jou kind op haar vlak te ver­dui­de­lik hoe­kom jul­le moes te­rug­sny en hoe­kom die he­le ge­sin hier­die op­of­fe­rings moet maak.

Dit is die i­de­a­le ge­leent­heid om die waar­des wat vir jou be­lang­rik is, by jou kind te kweek deur uit te wys hoe be­voor­reg jul­le steeds is om by­voor­beeld ’n kar te hê en hoe baie an­der men­se met min­der as dit moet klaar­kom.

Pro­beer ook fo­kus op din­ge wat jul steeds kan doen (bord­spe­le­tjies speel, saam in die groen­te­tuin werk, saam te­ken ens.), eer­der as om heel­tyd uit te wys wat jul moet op­gee of op uit­mis.

Dit is eg­ter ’n re­a­li­teit dat kin­ders jou kind kan spot en dat dit vir haar glad nie so mak­lik sal wees om haar kop op te tel nie. Jou voor­beeld is eg­ter die bes­te ma­nier om vir jou kind te wys hóé om haar kop op te tel. Selfs al kry sy dit nie nou reg nie, sal jou voor­beeld nou haar as vol­was­se­ne steeds be­ïn­vloed.

Geld­les­se wat jy jou kind kan leer:

Hoe om te be­groot; Die ver­skil tus­sen wat ons wil hê en wat ons no­dig het; Hoe om pry­se te ver­ge­lyk; Hoe werk ren­te in­dien jul­le oor­weeg om te leen;

Hoe om ’n CV op te stel as Pa bv. moet werk soek; Hoe om vir ’n on­der­houd voor te be­rei; Pro­bleem-op­los­sings­vaar­dig­he­de en hoe om as span saam aan o­plos­sings te dink.

Moets en moe­nies:

Moe­nie jou kind jou raad­ge­wer of steun­pi­laar maak nie.

Moe­nie son­der ’n plan van ak­sie wees nie.

Kyk na jou­self, jou kin­ders gaan net ou­kei wees as jy ou­kei is.

Jy moet be­reid wees om hul vrae eer­lik te be­ant­woord, maar moe­nie al die fyn be­son­der­he­de met hul­le deel dat hul­le nog meer be­kom­merd raak nie.

Jy moet die ge­leent­heid ge­bruik om vir jou kind te wys jy maak ook fou­te, maar dat jy be­reid is om hard te werk om dit reg te stel.

Jy moet die ge­leent­heid ge­bruik om vir jou kind geld­les­se en waar­des te leer.

*S­kuil­naam

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.