Foe­lie

Kuier - - WENKE -

As jy ’n blok kaas ge­koop het, haal dit uit die plas­tiek­pak­kie of om­hul­sel en draai dit lek­ker styf toe in skoon foe­lie. Die kaas sal lan­ger vars bly en glad nie gou muf raak nie.

SELINA PETERSEN, BOTHASIG

As daar ná ’n ge­kui­er dalk nog wyn oor­ge­bly het in die wyn­bot­tels en die bot­tel­prop­pe is per on­ge­luk weg­ge­gooi, ge­bruik tin foil om bot­tel­prop­pe mee te maak om só die wyn vir ’n vol­gen­de keer te bê­re.

KRISTY KOLBERG, GE­OR­GE

As jy klein kin­ders het en hul­le daar­van hou om kuns te doen én jy wil iets nuuts pro­beer, laat haar op foe­lie met haar han­de verf. Nie net sal sy haar kuns­tig­heid kan oe­fen nie, maar sy sal ook be­kend­ge­stel word aan ’n nu­we teks­tuur wat haar brein en sen­so­rie­se ont­wik­ke­ling sal sti­mu­leer.

KAREN VAN DEN BERG, VRYSTAAT

As jy nie baie kleef­band het wan­neer jy verf nie, draai ver­al hand­vat­sels toe met foe­lie. Dit sal keer dat verf daar­op spat of dat jy per on­ge­luk vin­ger­af­druk­ke van verf daar­op laat. Draai ook foe­lie om die bad­ka­mer­kra­ne om te keer dat die kin­ders met hul vuil vin­gers vol verf mer­ke op jou kra­ne maak.

GARETH HENDRICKS, SOMERSET-WES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.