ROOSTERHOENDER

Kuier - - IN DIE KOMBUIS -

Ge­noeg vir 6 BESTANDDELE

10 – 12 hoen­der­stuk­ke 6 aar­tap­pels, ge­skil en in wig­gies ge­sny

Vir die sous

100 ml a­syn 100 ml o­lie 1 eet­le­pel Wor­ces­ters­hi­re­sous 1 baie klein ui, fyn­ge­kap 1 knof­fel­toon­tjie, ge­kneus en fyn­ge­kap 1 tee­le­pel pa­pri­ka 1 eet­le­pel ap­pel­koos­kon­fyt 2 eet­le­pels ta­ma­tie­sous 1 tee­le­pel mos­terd­poei­er

METODE

Meng al die bestanddele vir die sous en be­dek die hoen­der­stuk­ke daar­mee. Be­dek die bak en laat staan oor­nag in die ys­kas of as jy te haas­tig is, kan jy dit vir ’n uur lank in die sous bui­te die ys­kas laat staan. Plaas die hoen­der­stuk­ke met ma­ri­na­de en al in ’n oond­roos­ter­pan. Kook die aar­tap­pels in sout­wa­ter tot am­per gaar maar nog baie ferm. Drei­neer en rang­skik die wig­gies tus­sen die hoen­der­stuk­ke in die pan. Druk dit so ef­fens so­dat die wig­gies ook so ’n bie­tjie van die ma­ri­na­de kry. Plaas in ’n voor­ver­hit­te oond van 200°C vir ’n uur. Be­dien met ’n lek­ker slaai en vars­ge­bak­te brood.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.