prop­vol pam­poen

Dié koe­kies is baie mak­lik en vin­nig om te maak en is boon­op vul­lend en voed­saam.

Kuier - - STAP-VIR-STAP - Deur Karen Hart

PAMPOENKOEKIES Ge­noeg vir 6 BESTANDDELE

1 op­ge­hoop­te kop­pie gaar pam­poen 1 eet­le­pel bot­ter 1 klein ui, baie fy­ge­kap 1 brand­ris­sie, pit­jies en naat­jies ver­wy­der en fyn­ge­kap 1 eet­le­pel ker­rie­poei­er 1 ei­er 1 kop­pie bruis­meel 1 tee­le­pel bak­poei­er 1 eet­le­pel sui­ker ’n K­nip­pie sout Ge­ras­per­de skil van 1 suur­le­moen ’n Hand­vol ge­kap­te vars kol­jan­der­bla­re O­lie vir braai

METODE

1. Drei­neer die pam­poen en druk fyn met ’n aar­tap­pel­druk­ker in ’n gro­te­ri­ge meng­bak.

2. Ver­hit die bot­ter in ’n klei­ne­ri­ge pan­ne­tjie en braai die ui daar­in tot sag en deur­sky­nend. Voeg die brand­ris­sie en ker­rie­poei­er by en braai vir ’n mi­nuut saam. Voeg die ui­e­meng­sel by die pam­poen en meng goed.

3. Voeg die ei­er, bruis­meel, bak­poei­er, sui­ker, sout, suur­le­moen­skil en kol­jan­der­bla­re by en meng goed.

4. Ver­hit die o­lie oor ma­ti­ge hit­te ’n pan en s­kep le­pels­vol van die deeg­meng­sel in die pan so­dra die o­lie warm ge­noeg is. Moe­nie meer as 4 koe­kies op ’n slag pro­beer bak nie. Bak tot mooi goud­bruin aan elke kant en drei­neer op hand­doek­pa­pier. Be­dien met ’n lek­ker soet­ris­sie­sous.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.