’n Huis vol lief­de

Die lewe laat ’n mens soms har­de klip­pe kou. Hoe jy dié uit­da­gings en meer han­teer, be­paal of jy heel an­der­kant uit­kom.

Kuier - - Vermaak - Deur Ta­z­neem Blaauw

Tien oor vyf gaan die wek­ker af. Sa­mu­el Da­vids sjuut die ding met sy een oog oop. Daai tyd al? Hy kyk na Son­ja. Nou met twee oë. Sy het haar al­weer oop­ge­skop. Haar swi­r­l­kous is ef­fe skeef en gry­sies steek uit. Hy draai op sy rug en vou sy arms ag­ter sy kop. Vir ’n tyd lank lê hy só. Hy haal diep a­sem en met die uit­laat sug hy“ja, wat”.

Dis half­ses. Hy staan op. Son­ja roer ef­fens, maar sy draai haar net om en trek haar toe. Hy laat kook die ke­tel. Gooi sy wa­ter in die kom. Ná by­na tien mi­nu­te in die bad­ka­mer trek hy hom aan. Hy Va­se­li­ne sy ge­sig en smeer bie­tjie aan sy ha­re. Dit is meer ’n aan­wend­sel as wat hy sy ha­re wil laat blink. Hy het ver­bleik­te blou je­ans aan en ’n bruin werks­hemp.“For­tu­ne Fur­ni­tu­re: The fa­mi­ly com­pa­ny”staan kur­sief op ’n klein sak op sy reg­ter­bors.

Son­ja bring vir hom kof­fie. Soet en met melk.

“Mô­re,”groet sy. Hy ant­woord met ’n pik­soen. “Jou kos is op die ta­fel.” “Wat? Jy speel. Van wan­neer af?”glim­lag hy.

“Ek voel maar net so. En ek kon nie weer slaap na­dat jou knie my voet deur­boor het nie.”

“Sor­ryyy,”pleit hy,“ek’t nie eens ge­voel nie.” “Ek het.”Sy slaan hom op die skou­er. Hul­le kyk Mor­ning Li­ve ter­wyl hul­le kof­fie d­rink. Die bus­se staak vol­gen­de week. Meer geld.

“Dan­kie vir die kos. Lek­ker dag en lek­ker werk.” “Vir jou ook.”Sy soen hom op die mond. Hy vat die blou rug­sak en stap by die deur uit. Hy maak die hek toe en sy sluit die deur van bin­ne met die skuif­slot en die sleu­tel.

Se­we-uur kyk Son­ja of Ke­a­no wak­ker is. Een van twee. Mi­chel­le, hul oud­ste dog­ter, stu­deer aan UWK. Sy het gis­ter ná ’n toets by ’n vrien­din gaan oor­slaap. Sy bly som­mer vir die na­week ook.

Half­agt stap Ke­a­no skool toe en Son­ja oor na Moi­ra.

Moi­ra is ’n kle­re­maak­ster. Son­ja help haar so af en toe, maar Moi­ra het nie e­ni­ge werk van­dag nie. Son­ja stap te­rug huis toe en maak die huis aan die kant.

La­ter die aand maak Sa­mu­el die voor­deur oop. Dis tien oor ses. Hy is bie­tjie la­ter as ge­woon­lik. Hy lyk moe­ër as ge­woon­lik. Die bus was se­ker weer vol – of laat.

“Naand, lief,”groet hy haar. Hy soen haar skuins op die wang. “Naand, my man.” Hy sit sy skoe­ne in die ka­mer en groet vir Ke­a­no ook. Sy maak die bank reg waar sy ge­lê het. Hy kom sit langs haar en hul­le kyk TV. Sy is ge­ïn­te­res­seerd in Young D­re­ams, maar hy kyk dwars­deur die TV. “Lang dag?”knoop sy ’n ge­sel­sie aan. “Lan­ger as wat dit no­dig was.” “’n Lek­ker voet­mas­seer sal dit som­mer

tjop-tjop fix.”

“Nie hier­die lang dag nie, Son­ja,”hy kyk na haar,“ek is ge­re­trench.”

“Wat? Ai nee. Nee, Sam,”sy vryf oor sy been.

Die res van die aand is al­mal stil. Teen half­ne­ge is hul­le al­bei al in die bed.

Sy is nie eens lus om vir T­wist of fa­te klaar te kyk nie. Dit laat haar net meer stres. Sy maak ’n lys in haar kop: Gaan werk. Was was­goed. Daar is nie baie kle­re nie, maar die bed­de­goed moet ge­was word. Som­mer die gor­dy­ne ook. Los dit vir vol­gen­de week? Nee, was dit maar.

Sy draai op haar an­der sy, haar rug na Sa­mu­el ge­draai. Hy slaap ook nie en hy wil nie hê sy moet ag­ter­kom hy slaap nie. Sy kan nie nog wor­ry oor hom wat wor­ry nie. Maar ’n plan moet hul­le maak.

Die vol­gen­de dag maak Son­ja weer ’n draai by Moi­ra.

“Kan jy glo dis al ein­de No­vem­ber? Waar het die tyd ge­gaan?”sê-vra Moi­ra waar sy ag­ter haar ma­sjien sit.

“Dit kan jy weer sê. Die Va­der al­leen weet. Maar in die laas­te dae sal die ja­re mos soos maan­de voel,”sê Son­ja ter­wyl sy ’n rok op­vou en in plas­tiek sit. “Is waar, nè.” “Sam is gis­ter ge­re­trench. Die baas sê die com­pa­ny kan nie meer by­hou nie. Hy en nog ’n ca­bi­net ma­ker in hul de­par­te­ment is laat gaan.”

“Jin­ne, Son­ja. Ek is jam­mer om dit te hoor.” “Ek ook, Moi­ra. Die He­re weet, ek ook.” “Ek wens ek het meer hier vir jou ge­had om te doen.”

“Ek wil hoe­ka vir jou sê . . . ek gaan uit­kyk vir an­der werk ook. As ek iets meer per­ma­nent kry, kan ek mis­kien nie meer vir jou help nie.” “Dis ver­staan­baar.” Die zzz van die ma­sjien en ’n skêr wat val, is al wat die son­ver­lig­te ver­trek lewe gee. Son­ja be­gin die stuk­kies lap­pe by­me­kaar maak. Sy gooi die lap­pe in ’n boks en stoot dit on­der die ta­fel in. Sy werk die laas­te wa­pen op die rok vas en vou dit op. “Ek is op pad, Moi­ra.” “Dan­kie, Son­ja.” Moi­ra staan op. Daar is nog ’n hoen­der­pak wat sy vir Son­ja kan gee. “Sons!” “Ja, Moi­ra?”Sy staan stil. Moi­ra be­dink haar­self. Die vrou het mos haar trots. Haar mens­waar­dig­heid. Sy sal lie­wer wag tot mô­re wan­neer sy haar be­taal.

“Ek dink aan jou,”is al wat sy sê en sit weer.

Toe Son­ja by die huis kom, is die voor­ka­mer reg­ge­trek. Sa­mu­el sit met ’n kop­pie kof­fie en kyk Kick Off. “Mid­dag,”groet sy. “Mid­dag, lief. Kof­fie?” “Son­der melk as­se­blief.” Sy stap saam met hom kom­buis toe. Sy trek ’n stoel uit. “Ons sal moet plan maak,”sê sy. “Ons sal moet brain­storm vir die storm.” “Ek gaan werk soek.” “Ek ook. Som­mer by Iets vir Iets ook. Ek het mos al re­pair-werk vir hom ge­doen.”

“En C­hi­na To­wn Ho­me Es­sen­ti­als? Ek het ge­sien hul­le sit som­mer hul­le meu­bels bui­te aan­me­kaar.” “Ek sal gaan kyk.” “Waar is Ke­a­no?” “Hy is na Brandon toe en kom eers la­ter van­aand te­rug.”

“Ou­kei,”sê sy af­ge­trok­ke en tel haar kop­pie op.

Hul­le gaan sit in die voor­ka­mer. Sy raak aan die slaap en hy sit ’n kus­sing on­der haar kop en gooi ’n kom­bers oor haar be­ne.

Halftwee be­gin die E­ver­ton teen Man­ches­ter U­ni­ted-wed­stryd. Hy sit sy kêp op. Vir good luck.“Tof­fees”staan in vet let­ters daar­op. Die vol­gen­de paar dae is moei­lik. “Yes, do­wn­gra­de, ple­a­se. Yes, from Com­pact. Ex­cu­se me? Ea­sy view, yes . . .”

Sa­mu­el stap van werk­soek af by die ka­mer in. Son­ja sit op die bed. Sy glim­lag vir hom en druk die foon af. “Het jy nou die DStv ge­do­wn­gra­de?” “Ja, dit py­nig my so bie­tjie, maar wat kan ons doen? Ek het rys ge­maak. Is jy hon­ger?”vra Son­ja en staan op. “As­se­blief. Die pens is leeg.” “Saam sit ons saam in sak en as. Ek son­der my sport en jy son­der Zee Wor­ld.” Hy grap, maar dit kom meer hart­seer as e­nig­iets an­ders uit . . .

Dit is al meer as ’n week. Son­ja het nog niks ge­skik ge­kry om voor aan­soek te doen nie. En die plek­ke waar Sa­mu­el was, soek ook nie hulp nie.“Nie in dié e­ko­no­mie nie,”het een jam­mer ge­sê.

“Sons, ek dink ek moet iets na Iets vir Iets vat. Mi­chel­le het bus­geld vir vol­gen­de week no­dig en hier gaan ook niks aan nie.”

“Ge­luk­kig is dit da­rem net vol­gen­de week nog. Ja, wat van die mi­cro­wa­ve?” “Ou­kei, en die an­der stryk­ys­ter?” “Waar is daai ou haar­tang van my?” “In die ga­ra­ge. Ek sal dit gaan haal.” Sa­mu­el stap by die ka­mer uit. “Ai, wat sal ek son­der my man doen?” Week ná week weer­klank die huis meer. Die spie­ël­kas is eer­gis­ter weg. Dit was die eer­ste groot ding wat ge­gaan het. Son­ja se ma het nog voor haar af­ster­we dit vir hul­le ge­koop“om­dat hul­le me­kaar twin­tig jaar lank ver­duur het”, het sy ge­sê. Ver­duur is nie die reg­te woord nie, het sy haar ma in die re­de ge­val.

Die TV se plek is die groot­ste kol. Vir hul­le al­mal. Nou sit hul­le net in die voor­ka­mer en d­rink kof­fie. Sam luis­ter sport oor die ra­dio en Son­ja luis­ter saans na die voor­le­sings op RSG. En dan is daar die blok­kies­raai­sel.

“Ek moet er­ken, ons praat meer,”lag Son­ja.“Dis as­of die af­we­sig­heid van ’n TV ’n spraak­buis is.”

“Aan­ge­sien jy nou so aan die praat is, wat is kort vir Be­ril­li­um?”

“Br. As die kat nie nou aan sy stert hang nie.”

“Mmm . . . Uh. Ja, lyk reg. Hier­die een hier is“bob­be­jaan”.

“Kom hier. Sit langs my. Ons kan saam dink. Ek vul in.” “Om­dat ek ’n krap is.” “Slim vrou van my, nè.”Hy knip­oog. Ná twee we­ke gaan Son­ja en Sa­mu­el weer na Iets vir Iets, want De­rek stel be­lang in hul groot stink­hout-voor­ka­mer­kas.

Die aand eet hul­le ge­braai­de aar­tap­pels, hoen­der, pam­poen en groen­slaai. Die kin­ders ver­kies elk­een hul eie ge­sel­skap en hul­le twee sit be­ne uit­ge­strek op hul bed.

Son­ja se vleis is eer­ste op­ge­ëet. Soos al­tyd.“Maak aaaahhh,”hy sit ’n stuk­kie van sy­ne in haar mond. Sy pik­soen hom in die lug en sy weet niks sal hul­le som­mer on­der­kry nie. Daar sal ’n uit­koms wees. Hul­le het me­kaar. Som­mi­ge din­ge oor­tref beslis aard­se goed. El­ke keer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.