Kuier

ONS LÉÉF VIR AFRIKAANS

Dis die taal van hul hart, sê talle bekendes, want in dié taal kan hulle mos lékker praat!

- DEUR IVOR PRICE en ERNUSTA MARALACK

Mense wat Afrikaans praat, sal vir jou kan sê daar is sekere woorde, frases en uitdrukkin­gs wat lekker op die tong val en nét in Afrikaans die regte trefkrag het. Die wonder van Afrikaans lê daarin dat so baie Afrikaanss­prekendes, ongeag van waar hulle is, hul eie unieke manier het van die taal praat, maar dat ons mekaar steeds kan verstaan en met mekaar se harte kan praat.

Dit is dan ook in hierdie taal wat talle bekendes en profession­ele persone vandag suksesvoll­e loopbane geniet en by die dag liewer word vir Afrikaans, juis omdat dit so divers is en daar die heeltyd nuwe woorde en uitdrukkin­gs is om te ontdek en aan mekaar voor te stel.

MAAK DEURE OOP

Die 7de Laan- en veteraanak­trise Vinette Ebrahim is Engels, maar speel al vir jare in hierdie Afrikaanse sepie en het talle ander Afrikaanse verhoogpro­duksies op haar kerfstok. Deesdae dink en skryf sy selfs in Afrikaans, want die taal het soveel deure in haar loopbaan al oopgemaak, sê Vinette.

“Afrikaans was nie my moedertaal nie, maar ek het besef met my werk moet ek my velde wyer versprei. En daai tyd was daar nie so baie werk in Engels nie,”voeg Vinette by, wie se eerste Afrikaanse produksie ’n tweemanstu­k in die jare tagtig saam met wyle Goliath Davids (akteur Christo Davids se oupa) was.

Vandag is Vinette mal oor Afrikaans en vind sy dit deesdae soms moeilik om haarself in Engels uit te druk.“Wyle prof. Jakes Gerwel het my eenkeer gevra hoe dit gebeur het dat ek myself in die Afrikaanse gemeenskap bevind. Toe sê ek vir hom soos wat vandag se kinders ver-Engels, het ek ver-Afrikaans,”voeg Vinette laggend by.

Die gewilde rapkunsten­aar, digter, skrywer en motivering­spreker HemelBesem het vandag net so ’n suksesvoll­e loop-

baan en het sy stempel op die Afrikaanse musiekbedr­yf afgedruk met sy unieke manier van hierdie vorm van kuns aanpak. Hy rap onder meer in Afrikaans en hy het al saamgewerk met groot Afrikaanse kunstenaar­s soos Steve Hofmeyr toe hulle sy trefferlie­djie Pampoen ’n“HemelBesem­geur”gegee het.

HemelBesem praat ook Afrikaans soos hy hom praat en nie soos ander dink dit gepraat moet word nie. Hy gooi steeds ’n paar Engelse woorde tussenin, maar is nie minder passievol oor die skoonheid van Afrikaans nie.

“Op ’n entertainm­ent level was ons Afri- kaans in ons huis en het ons byvoorbeel­d na Anneli van Rooyen geluister. Maar vir my musiek het Engels weer beter gewerk totdat ek ’n song oor FAS (Fetale Alkoholsin­droom) gemaak het en besef het jy raak mense beter as jy in hulle taal praat en soos hulle praat. Ek het baie lief geword vir Afrikaans,”sê HemelBesem.

Hy sê voorts ’n taal maak ’n mens vry as jy dit eien en dis wat hy in sy werk begin doen het.

“Ek het ’n unieke stem na die tafel gebring en die industry het my nie ge-shun nie. Afrikaans groei teen ’n geweldige pas, en waar dit voorheen ’n geslote boek was, word daar nou mense na die tafel genooi met hul taal. Ek prikkel mense om uit te kom met die Afrikaans wat hulle praat,”sê HemelBesem.

Hy sê met sy boek, God Praat Afrikaans, boekstaaf hy woorde soos“awe”wat so baie mense gebruik, maar dis nêrens neergeskry­f nie. Hy wil dit verander omdat hy weet daar is soveel ander woorde wat mense gebruik, maar wat net soos“awe” byvoorbeel­d nie in literatuur erken word nie.

SY HART KLOP TJOKLITS

Die Generation­s: The Legacy- akteur Jason Willemse, wat van Heidelberg in die WesKaap kom, sê al werk hy meestal in Engels, is dit slegs sy moedertaal wat sy hart tjoklits kan laat klop. “Afrikaans is my eerste taal. Ek het grootgewor­d met Afrikaans. Dis deel van my lewe. Dis ’n móói taal.”

Jason, wat aanvanklik landwyd bekendheid verwerf het vir sy rol in Scandal!, is deesdae die pa van ’n vyf maande oue baba, Maiya-Jhené. Al woon hy en sy vrou, Nischette, in Johannesbu­rg, doen hulle moeite om hulle kleinding ook Afrikaans te leer.“Ons sal daarvan hou as sy ook Afrikaans kan praat. Ons leer haar om Afrikaans (albei haar ouers se moedertaal) te kan praat. Dit is belangrik, want dis die taal waarmee ek en Nischette grootgewor­d het. Dit is in ons familie en ons wil hê die taal moet voortgaan in ons bloed.”

Hoewel Jason en sy vrou Afrikaans tuis praat, werk hy in ’n Engelse TV-wêreld – en boonop vir Afrika se grootste sepie, waar Afrikaans nie eintlik op stel gehoor word nie. Juis omdat hy so lief is vir die taal kon hy oor die jare die sepieskryw­ers se arm draai om Afrikaans deel van sy storie- lyn te maak.

“In Scandal! het ek dit dikwels deel gemaak van my TV-karakter en almal (die TV-base en kykers) was cool met dit. Selfs in Generation­s bring ek stadig maar seker Afrikaans in met my karakter, Clifford, wat ’n rekenmeest­er is,”verklap Jason.

LEEF JOU TAAL UIT

Hoewel talle bekendes hul liefde vir Afrikaans verklaar, is daar tog Afrikaanss­prekendes wat skaam voel om húl Afrikaans te praat.

Jason is juis bekommerd oor die feit dat soveel Afrikaanss­prekendes – veral uit bruin gemeenskap­pe – skaam is om die taal te gooi, nes hulle dit by die huis praat. “Moenie vir enigiemand verander nie. Jou aksent is dan juis wat jou uniek maak,”gee Jason raad.

Op laerskool wou die bekende radiojoern­alis Jean Esterhuize­n niks van Afrikaans weet nie. Trouens, hy het die een kwartaal in gr. 5 met ’n D-simbool vir dié vak huis toe gekom, en nooit kon droom dat (Afrikaanse) woorde vir hom eendag wêrelde sou oopmaak nie.

Vandag is Jean, wat van Malmesbury kom, ’n vertroude stem in duisende huishoudin­gs wat op hom staatmaak vir die jongste nuus en aktualitei­t op RSG – én hy werk in Afrikaans, sy moedertaal. Hy sê ná daai“skokkende D-simbool”is hy biblioteek toe om sy taalvaardi­gheid te slyp.

“Eers toe ek by Schoonspru­it Sekondêr kom, het my Afrikaansj­uffrou my liefde vir my moedertaal begin kweek. Juffrou Albertus is een van die onderwyser­s wat deur die jare my gehelp het om meer van die taal te hou. Later, (as student) op Stellenbos­ch, het ek het besef hoe belangrik dit vir enige jong mens is om in sy moedertaal te studeer,”vertel Jean.

Maar Jean het in sy begindae op radio gesukkel met kritiek van vreemdelin­ge wat hom wou laat glo dat sy Afrikaans nie goed genoeg is nie – al was dit die taal wat hy soggens saam met sy pap ingekry het. Vandag kan hy selfversek­erd sê:“Praat jou taal soos jy jou taal wil praat. Moenie dat mense vir jou sê jou taalgebrui­k is nie goed genoeg nie. As hulle sê jou aksent is nie goed genoeg nie, vra vir hulle: Wat maak jóúne dan so spesiaal en beter as myne?”

Hy sê die blote gedagte dat daar

kinders is wat nie die selfvertro­ue het om hulle moedertaal te kan praat nie, maak hom tranerig.“Een ding wat jy as talentvoll­e jong mens moet weet: Onse mense is die toekoms. Jou generasie is (verantwoor­delik) vir die voortbesta­an van Afrikaans. Moet nooit jou taal weggooi vir Engels nie. Dis jou identiteit. Afrikaans is deel van jou DNS. Dit is in ons bloed, bene, gees en harte. Jy ís Afrikaans.”

Dis ook ’n saak waaroor die bekroonde RSG-sportomroe­per en Afrikaans.comambassa­deur Jody Hendricks so sterk voel. Hy het die voorreg om daagliks met soveel bekende sportsterr­e te kan praat – en baie val omtrent op hulle rug as hulle besef dat hy eintlik Afrikaans is, veral dié wat hom Engels op TV of Metro FM hoor praat het.

Volgens Jody vind hy dit egter baie maklik om sy Afrikaansh­eid uit te leef.“My TV-werk is mos maar altyd in Engels, maar hulle sê die heeltyd dat Afrikaanse stemme ook gehoor moet word. Ek is wel ’n voorstande­r vir meertaligh­eid. Ek glo jy moet jou moedertaal goed kan praat, maar dan ook ander tale.”

Jody, wat oorspronkl­ik van Macassar buite Kaapstad is, sê hy’t eers jare later in Johannesbu­rg passievol oor die taal begin word.“Toe ek destyds gaan swot het, was die Afrikaanse media die laaste plek waar ek wou werk of betrokke wou wees. Ek’t daarna vir agt jaar in Engels gewerk totdat ek einde 2013 die groot geleenthei­d by RSG gekry het.”

Hy’t toe ’n nuwe uitdaging gesoek en maar ’n pos in Johannesbu­rg aanvaar – al was hy nie regtig seker oor die Afrikaans nie, al is dit sy moedertaal.“Hoe langer ek in Afrikaans gewerk het, hoe gemakliker het ek geraak en dit ook begin praat soos ek wou. Verlede jaar is ek boonop ook aangewys as ambassadeu­r vir Afrikaans.com – iets wat ek nooit eens vier jaar gelede sou kon dink nie. RSG het my die geleenthei­d gegee om te doen waarvoor ek lief is, en dit nogal in Afrikaans.”

INSPIREER DEUR die taal

Ook Euline Reid, wat bekend is vir haar werk as regisseur op SABC2 se Fokus, vertel sy is Afrikaans gebore.“Engels was die taal van die nuwe demokrasie, maar my ouers het ons in Afrikaans bemoedig, geskel en opgevoed. My pa spog altyd dat hy een van die top-leerders in sy klas was. Hy het altyd die lekkerste stories in Afrikaans vertel. Ek dink hy het my liefde vir Afrikaans gekweek,”vertel Euline.

Sy werk ook in ’n oorwegend Engelse omgewing, maar vind dit nie te moeilik om haarself in haar taal uit te leef nie.“Ek is elke dag dankbaar dat ek by Fokus in my taal kan werk. Dit is asof ek my met elke storie uitleef. Veral om met mense in Afrikaans te deel. Daar is mos niks so lekker as om kommentaar in plat Afrikaans te kry nie.”

Euline probeer oral waar sy gaan om mense deur Afrikaans te inspireer.“My suster se dogters, Keziah en Kaylee, is Indiërs by Afrikaanse skole in Johannesbu­rg. Ek is supertrots dat hulle nie skroom om in die openbaar Afrikaans te praat nie. Dit is vir my ’n aanduiding dat alles moontlik is in ’n multi-national Suid-Afrika. Moenie skaam wees om jou moedertaal te praat en te bevorder nie. Moenie laat uitdrukkin­gs soos ‘coconut’(algemene uitdrukkin­g vir mense wat met ’n aksent praat) jou voorskryf nie.”

Intussen vertel Jean sy liefde vir Afrikaans het kleintyd begin toe hy en sy ouma, Jeanetta, na van die Afrikaanse radiostori­es geluister het. Hulle het smiddae ná skool na die bekende radiovervo­lgverhaal Stralejakk­er geluister.

Jean sê:“In Desember 2011, toe ek net begin werk het, het ek gesukkel om suiwer Afrikaans te skryf en praat. Op die platteland praat ons bruin mense nie so nie. Ek het gevoel dat ek sukkel om my identiteit uit te leef in ’n suiwer Afrikaanse omgewing. Ons mense praat mos soos ons praat, en wanneer ek (by RSG) op die lug gaan, is dit ’n totale ander persoon wat na vore kom.”

Hy vertel sy pa, Johan, het al gegrap nadat hy hom op die radio gehoor het en gesê hy klink soos ’n regte wit mens op die lug.“So basies is daar twee soorte Afrikaans wat ek elke dag praat: die RSGAfrikaa­ns by die werk en my normale Afrikaans waarmee ek opgegroei het.”

Vir Jean gaan taal oor kommunikas­ie,“en solank die ander persoon verstaan wat jy sê, maak dit nie saak hóé jy dit sê of klink nie. Moenie probeer anders praat of verander net om mense te beïndruk nie. Daar is baie verskillen­de soorte Afrikaans, soos dié wat op die Kaapse Vlakte, Noord-Kaap of Karoo gehoor word. In die taal moet almal tuis voel.”

Jean kan nie uitgepraat raak oor sy liefde vir sy moedertaal nie.“Daar is so baie mooi spreekwoor­de in ons taal. Jy kan ook so baie nuwe spreekwoor­de in die taal skep. En dis hoekom ek so lief is vir my taal.”

Die drie spreekwoor­de wat hy gereeld gebruik, is “Jy kan nie tien tel nie”(jy sit met ’n mond vol tande),“Is jy getik?”(is jy mal?) en“Jakkals trou met wolf se vrou”(wanneer dit reën terwyl die son skyn). Maar sy heel gunsteling is“Lam in die dag en ram in die nag”wat verwys na iemand wat in die dag rustig is, maar saans net buite wil wees en kuier.

Wanneer dinge in Johannesbu­rg soms te veel voel, onthou Jason weer ’n Afrikaanse uitdrukkin­g wat hy in sy hart bêre. Dit is:“Rus, want grond wat gerus het, lewer ’n goeie oes.”

Euline hou weer van“’n Goeie naam is beter as olie”en ook die bekende“Wie nie waag nie, wen nie”.

 ??  ??
 ??  ?? VAN LINKS: HemelBesem is trots op sy taal; Vinette Ebrahim sê sy dink en skryf in Afrikaans; Euline Reid is mal daaroor om Afrikaanse stories te vertel; Jody Hendricks is ’n ambassadeu­r vir Afrikaans.com.
VAN LINKS: HemelBesem is trots op sy taal; Vinette Ebrahim sê sy dink en skryf in Afrikaans; Euline Reid is mal daaroor om Afrikaanse stories te vertel; Jody Hendricks is ’n ambassadeu­r vir Afrikaans.com.
 ??  ??
 ??  ?? BO: Sepie-akteur Jason Willemse probeer om Afrikaans by sy tonele in te bring. ONDER: Afrikaans het baie deure vir Jean Esterhuize­n oopgemaak.
BO: Sepie-akteur Jason Willemse probeer om Afrikaans by sy tonele in te bring. ONDER: Afrikaans het baie deure vir Jean Esterhuize­n oopgemaak.
 ??  ?? Van vorige bladsy
Van vorige bladsy

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa