Kuier

Begin só:

-

SLAAN JOU MAN SE VOETE ONDER HOM UIT

Daar is natuurlik vroue wat ietwat oorgewig is wat goed lyk, hulself goed versorg en goed voel oor hulself. Maar wanneer jou oortollige gewig jou selfbeeld affekteer en ’n wig tussen jou en jou man indryf, moet jy beslis ’n veranderin­g oorweeg. Onthou die volgende: • Indien die finansies pla en jy nie kan bekostig om by ’n gimnasium aan te sluit nie, is daar groepe waar jy kan inskakel om saam te draf of stap.

• Stel vir jouself ’n doelwit. Hoeveel gewig wil jy oor ’n sekere tydperk verloor? Doen ook wat jy kan om kossoorte wat veroorsaak dat jy gewig aansit, uit jou dieet te sny of te beperk.

• ’n Dieetkundi­ge sal goeie raad kan gee oor ’n dieetplan. Gesels ook met ’n mediese kenner as jy ’n siekte onder lede het of as jou gesondheid van so ’n aard is dat jy nie strawwe oefening kan doen nie.

• Vra jou man om saam met jou te oefen. Indien dit nie moontlik is nie, is dit belangrik dat hy jou ondersteun deur jou positief aan te moedig.

• Jy en jou man moet tyd inruim om sommer net weer saam te wees. As julle ’n romantiese aandjie wil hê, vra ’n betroubare familielid om na die kinders te kyk.

• Haal ook sommer weer daardie sexy nagklere uit jou kas en herroep daardie mooi en sexy goed wat julle destyds na mekaar toe aangetrek het.

• Mans wat in ’n situasie is waar hul vrou baie gewig aangesit het en hulle nou minder aangetrokk­e voel tot haar, moenie hul vrou afkraak nie, maar eerder positief aanmoedig en liefhê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa