SMS

Kuier - - Kuierhoekie -

Ek wil my mis­noeë ten sterk­ste uit­spreek oor die ar­ti­kel (Ma­tro­ne met ’n doel, 19 A­pril

2017). Weet u dat daar nou ’n ar­beids­ge­ding aan die gang is waar Fran­ce­li­ne mid­de-in is? Die ar­ti­kel noem dat Ty­ger­berg-hos­pi­taal ’n baie swak re­pu­ta­sie het en dat Fran­ce­li­ne nou daar is om din­ge reg te ruk. Dis so ver van die waar­heid ver­wy­der. Vir 42 jaar het Ty­ger­berg-hos­pi­taal ’n snel­groei­en­de ge­meen­skap by uit­stek be­dien. Neem ken­nis dat Kui­er- tyd­skrif ’n ge­sins­tyd­skrif is wat ver­al deur ons A­fri­kaans­spre­ken­de ge­meen­skap­pe ge­lees word. Die ver­skil­len­de ar­ti­kels is baie op­bou­end, leer­saam en van groot waar­de vir baie ge­sin­ne en le­sers. Dit is ar­ti­kels soos dié een wat u, on­se ge­sins­tyd­skrif, groot ska­de gaan aan­rig. CLIVE JONAS Ons waar­deer te­rug­voer van ons le­sers. Die hoof­te­ma van ons ar­ti­kel was Fran­ce­li­ne se aan­stel­ling as hoof­ma­tro­ne, wat in­der­daad ge­beur het. So­ver ons ver­staan, spruit die sa­ke waar­na ver­wys word, uit die tyd wat Fran­ce­li­ne die hoof van ver­ple­ging by Karl B­re­mer-hos­pi­taal was en so­ver be­kend moet dit nog fi­naal af­ge­han­del word. Oor Ty­ger­berg: Dit was nooit ons be­doe­ling om die hos­pi­taal in ’n swak lig te stel nie. Die doel was om die uit­da­gings uit te lig wat ver­pleeg­sters in ’n staats­hos­pi­taal soos Ty­ger­berg in die ge­sig staar. Dis eg­ter feit­lik kor­rek dat Fran­ce­li­ne die eer­ste vrou­li­ke hoof­ma­tro­ne van kleur by die hos­pi­taal is. Dít was die kern van die ar­ti­kel. (Re­dak­sie) Ek het ’n baie goeie en duur les ge­leer as en­kel­ma met skuld (Kui­er­co­ach, 17 Mei 2017). Van­dag is ek skuld­vry en kan my kin­ders tou­wys maak oor hoe om uit die skuld te bly en te spaar. Ek stem ook saam met Keith (Wat die hart van vol is, 17 Mei 2017): Ons as ou­ers sal ons al­les en meer vir ons kin­ders gee. Maar so het ek ook ge­leer om aan an­der te gee waar die nood groot is. En dís ’n lek­ker ge­voel. ROMA BAILEY, MACASSAR A­li­son To­bi­as-Mein­tjies, ek het so­veel re­spek vir jou (Ver­los van die vet­te en

ver­driet, 17 Mei 2017). ’n Mens hoor al­tyd sto­ries dat wan­neer vroue eers die ou­der­dom van 30 be­reik, al­le kan­se om ge­wig te ver­loor daar­mee heen is of dat die kans baie skraal is dat jy weer ge­wig sal af­skud. Hier is jy ’n ge­tuie, ’n be­wys dat dit nog ge­doen kan word. Dan­kie Kui­er en dan­kie A­li­son vir die sto­rie wat werk­lik ’n be­moe­di­ging is. YOLANDA WENN, STELLENBOSCH

Ek dink hul­le moet net dag­ga wet­tig maak vir me­die­se re­des, want vra maar vir my, ek en my twee kin­ders was deur hel met ’n man wat ver­slaaf was aan dag­ga. Ons ly van­dag nog steeds ná wat hy al­les aan ons ge­doen het. Ek was al twee keer in die hos­pi­taal om­dat hy my ge­slaan het. Ek kan ’n boek skryf oor wat hy al­les aan ons ge­doen het. Van­dag is ons al 20 jaar ge­skei en ek vrees hom nog steeds. Let wel, as hy die dag­ga ge­rook het was hy ou­kei, maar as hy nie ge­rook het nie, het sy kop uit­ge­haak en moes ons vlug. CAROL BRAND, KRAAIFONTEIN Dit lyk so­waar as­of Ju­ne van Merch (Dís Ju­ne se ge­heim, 17 Mei 2017) mooi­er en jon­ger word soos die ja­re aan­stap. KATHY THYSE A­li­son se sto­rie is reg­tig mo­ti­ve­rend (Ver­los van die vet­te en ver­driet, 17 Mei 2017). Ek is deel van haar W­hat­sApp-groep en daar is baie wat voor­deel kry uit dit wat sy doen. Dis nie ’n mak­li­ke pad nie. Ek is trots op haar en wat sy al be­reik het. SORAYA SAFFODIEN, MITCHELLS PLAIN

Wat ’n mooi en ta­lent­vol­le mens is sy (Ju­ne van Merch) nie (17 Mei 2017) Ek ge­niet al haar to­neel­spel Trots op jou Ju­ne! LINNIE BARNARD NAUDE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.