Aal­wyn (al­oe)

Kuier - - Wenke -

Ek het ’n swamin­fek­sie op my groot­toon­na­el ge­had. Ek het maan­de lank pro­beer om dit ge­sond te kry. Ek het la­ter van my aal­wyn­plant se blaar­tjies af­ge­sny en die sap op my na­el ge­smeer, ver­al saans wan­neer ek klaar ge­bad het. Die swam was gou weg en my na­el is nou weer ge­sond. CHARMAINE DE LANGE My dog­ter het ek­seem en ek ge­bruik aal­wyn om dit te be­han­del. Ek druk die sap van die aal­wyn­blaar uit en meng dit met E45-room. Dit help ver­al vir die seer­tjies. YOLANDA WAGENAAR As jou kind sy duim suig, smeer ’n bie­tjie aal­wyn daar­aan. Hy sal nie weer aan daai duim­pie wil suig nie. STEPHANIE PIETERSEN My 16-ja­ri­ge suk­kel vrees­lik met ’n ak­nee-pro­bleem (pui­sies) en die aal­wyn-vet­plant ver­rig won­ders daar­voor. Volg dié stap­pe: Was jou ge­sig saans met die vet­plant­sap deur dit aan jou ge­sig te smeer. Was dit die vol­gen­de og­gend af. PRETTY BELINDA As jou lip­pe droog voel of lyk, smeer van die sap van die plant aan of breek ’n stuk­kie van die plant af en smeer dit aan jou lip­pe. Dit help gou. TALITHA VAN NIEKERK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.