Kuier

SNOEK-EN-PATATSOP

Genoeg vir 4 – 6

-

BESTANDDEL­E

3 eetlepels olie 3 groot uie, fyngekap 3 knoffeltoo­ntjies, gekneus en fyngekap 1 teelepel rissievlok­kies 1 teelepel bruinsuike­r 3 koppies aartappels, geskil en in blokkies gesny 3 koppies patat, geskil en in blokkies gesny 8 – 10 koppies hoenderaft­reksel Sout en peper na smaak 200 g gerookte snoek, gevlok, grate en velle verwyder ’n Handvol varsgekapt­e pietersiel­ie Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die uie daarin tot sag en deurskynen­d. Voeg die knoffel, rissievlok­kies en bruinsuike­r by en braai vir nog ’n minuut of twee saam. Voeg die aartappel- en patatblokk­ies by en meng goed met die bestanddel­e in die pot. Giet die aftreksel by, geur met sout en peper en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte, bedek die pot en laat liggies prut vir ongeveer 20 – 30 minute of totdat die groente sag en gaar is. Verpulp die sop en roer die gevlokte vis en pietersiel­ie by. Voeg nog aftreksel by indien die sop te dik is. Garneer met brandrissi­e ringetjies vir die mooi en vir die dapperes om te eet.

WENK: Wees versigtig as jy hierdie sop met sout geur – hou in gedagte dat die gerookte vis reeds sout is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa