KERRIEFRIKKADELLE

Kuier - - In Die Kombus -

Ge­noeg vir 6 BE­STAND­DE­LE 500 g bees­min­ce 1 klein ui­tjie, ge­ras­per 1 kop­pie brood­krum­mels 2 ei­ers 1 tee­le­pel sout 2 eet­le­pels ge­kap­te pie­ter­sie­lie 2 eet­le­pels son­ne­blom­o­lie 2 uie, grof­ge­kap 2 eet­le­pels ma­ti­ge ker­rie­poei­er 2 eet­le­pels sui­ker 2 eet­le­pels a­syn ½ tee­le­pel ris­sie­poei­er 1 tee­le­pel pa­pri­ka 1 kop­pie wa­ter (of meer in­dien be­no­dig) Sout na smaak METODE Meng die min­ce, ge­ras­per­de ui, brood­krum­mels, ei­ers, sout en pie­ter­sie­lie saam vir die frik­ka­del­le. Vorm bal­le­tjies so groot soos gholf­bal­le en hou een­kant. Braai die 2 ge­kap­te uie in son­ne­blom­o­lie tot goud­bruin. Voeg die ker­rie­poei­er, sui­ker, a­syn, ris­sie­poei­er en pa­pri­ka hier­by en roer deur. Pak die fri­ka­del­le op die ui­e­meng­sel en prut met ’n dek­sel. Voeg bie­tjie wa­ter by in­dien no­dig. Draai die frik­ka­del­le om ná 12 mi­nu­te. Prut ver­der tot gaar en die sou­sie lek­ker dik is. Geur met nog sout in­dien no­dig en be­dien warm met rys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.