STE­AK-EN-SAMPIOENPASTEI

Kuier - - In Die Kombus -

Ge­noeg vir 6 BE­STAND­DE­LE 2 eet­le­pels o­lyf­o­lie 500 g sto­we-ste­ak of ten­de­ri­sed ste­ak 2 eet­le­pels koek­meel 400 g sam­pi­oe­ne van jou keu­se 1 groot ui, ge­kap 1 klein wor­tel­tjie, ge­ras­per ½ sel­de­ry­stin­gel, fyn­ge­kap 3 krui­e­na­el­tjies K­nip­pie neut­mus­kaat (nut­meg) 1 eet­le­pel vars tie­mie 1 tee­le­pel vars knof­fel, ge­ras­per 1 tee­le­pel sout 1 tee­le­pel vars, ge­maal­de swart­pe­per 1 blok­kie groen­te­af­trek­sel, op­ge­los in 2 kop­pies kook­wa­ter 1 rol klaar­be­rei­de skil­fer­kors­deeg, ont­vries 1 ge­klits­te ei­er METODE Ver­hit die o­lyf­o­lie in ’n kleef­vrye pan. Meng die ste­ak met die koek­meel en braai in die o­lyf­o­lie tot goud­bruin en ge­se­ël. Voeg die uie, wor­tels, sel­de­ry, sam­pi­oe­ne, na­el­tjies, nut­meg, tie­mie, knof­fel, sout en pe­per by en roer­braai vir 2 – 3 mi­nu­te. Voeg die groen­te­af­trek­sel by, bring tot kook­punt, be­dek en prut tot­dat die ste­ak lek­ker sag en die sou­sie dik is. Laat koel heel­te­mal af voor­dat jy die pas­tei aan­me­kaar sit. S­kep die vul­sel in ’n ge­smeer­de tert­bord en be­dek met die skil­fer­kors. Ver­se­ël die ran­de mooi en ver­sier die pas­tei met die stuk­kies oor­skiet­deeg. Verf met ge­klits­te ei­er en bak in ’n voor­ver­hit­te oond by 180°C tot gaar en goud­bruin. Be­dien warm met groen­te.

WENK: Dié re­sep is ook ge­skik vir in­di­vi­du­e­le pas­teie in klein bak­kies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.