PERI-PERI-STE­AK

Kuier - - In Die Kombus -

Ge­noeg vir 6 BE­STAND­DE­LE 2 eet­le­pels o­lyf­o­lie 500 g ten­de­ri­sed ste­ak, in re­pies ge­sny 1 groot ui, in rin­ge ge­sny 1 rooi, 1 geel en 1 groen soet­ris­sie, in re­pies ge­sny ½ tee­le­pel fyn ko­myn 1 tee­le­pel pa­pri­ka 1 pak­kie peri-peri cook-in sau­ce ½ kop­pie vars room Sout in­dien be­no­dig Hand­vol vars ge­kap­te kol­jan­der METODE Braai die ste­ak in die o­lyf­o­lie tot bruin. Voeg die uie, soet­ris­sies, ko­myn en pa­pri­ka by en so­teer tot sag. Voeg ’n skeut­jie wa­ter by in­dien die pan te droog braai. Roer die peri-peri-sous en room by en prut vir 2 – 3 mi­nu­te. Geur met sout in­dien be­no­dig. Gar­neer met kol­jan­der. Be­dien met vars brood­rol­le­tjies of roer gaar pas­ta daar­by.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.