VARKNEKSTEAKS MET PATATWIGGIES EN KOOLSLAAI

Kuier - - Promosie -

Ge­noeg vir 4 BE­STAND­DE­LE Vir die ste­ak­ma­ri­na­de 1 rooi brand­ris­sie 2 eet­le­pels lem­me­tjie­sap (of 1 eet­le­pel suur­le­moen- en 1 eet­le­pel le­moen­sap) 1 knof­fel­toon­tjies, ge­kneus ½ tee­le­pel fyn ka­neel ½ tee­le­pel fyn kol­jan­der ½ tee­le­pel fyn gem­mer 4 varkneksteaks (van on­ge­veer 2 cm dik – in­dien dit dik­ker is, moet jy die gaar­maak­tyd ef­fens ver­leng) Vir die patatwiggies 6 – 8 klei­ne­ri­ge pa­tats, ge­skil en in die leng­te in wig­gies ge­sny 1 eet­le­pel o­lie ½ tee­le­pel pa­pri­ka Sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per na smaak Vir die koolslaai ½ klei­ne­ri­ge kop­kool, ge­snip­per 4 wor­tels, ge­ras­per ½ rooi­ui, in dun sky­fies ge­sny 2 eet­le­pels ma­yon­nai­se 1 eet­le­pel rooi­wyn­a­syn 1 tee­le­pel Di­jon-mos­terd Sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per na smaak METODE Meng die be­stand­de­le vir die ma­ri­na­de en giet oor die steaks. Maak se­ker dis al­kant be­dek met die ma­ri­na­de. Laat staan vir 15 mi­nu­te tot ’n uur. Ver­hit ’n rif­fel­pan en braai die steaks 2 mi­nu­te aan el­ke kant. Draai net een keer om. Haal die pan van die hit­te af, be­dek met foe­lie en laat staan 2 mi­nu­te.

Vir die patatwiggies: Meng die o­lie en pa­pri­ka en giet in ’n bak saam met die patatwiggies. Ge­bruik jou han­de en meng so­dat el­ke wig­gie met die o­lie en pa­pri­ka be­dek is. Plaas die wig­gies op ’n bak­plaat wat met foe­lie be­dek en met ’n bie­tjie o­lie ge­smeer is. Geur met sout en pe­per en bak vir 40 mi­nu­te in ’n voor­ver­hit­te oond van 200⁰C. Vir die koolslaai: Meng al die be­stand­de­le vir die koolslaai en geur met sout en pe­per na smaak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.