OU­ERS KÁN HUL STEM LAAT HOOR

Kuier - - Tv-Gids -

Iets wat die mees­te ou­ers on­ge­luk­kig sal maak, is on­ge­son­de kom­pe­ti­sie of on­e­nig­heid tus­sen hul kin­ders. As dit sou ge­beur, is dit be­lang­rik dat ou­ers weet hoe om die si­tu­a­sie te han­teer.

Oor­weeg die vol­gen­de:

• Voor­sorg is be­ter as na­sorg. Daar is baie wat ou­ers kan doen as sib­be klein is, om ’n ge­son­de band tus­sen hul­le te ver­se­ker.

• Dit be­te­ken nie dat daar nooit konflik gaan wees nie, maar jou voor­sorg kan ver­se­ker dat die on­ge­son­de kom­pe­ti­sie ge­du­ren­de jou kin­ders se vol­was­se ja­re ge­heel en al uit­ge­ska­kel word.

• Dit is ook be­lang­rik dat ou­ers nie hul kin­ders met me­kaar ver­ge­lyk nie. Prys al jou kin­ders vir dit waar­in hul­le goed is.

• Vol­was­se kin­ders wat op ’n on­ge­son­de wy­se met me­kaar kom­pe­teer, is eg­ter ’n an­der kwes­sie – ’n moei­li­ke een, ver­al as hul­le nie meer on­der hul ou­ers se dak woon nie.

• Doen eg­ter wat jy kan om met jou kin­ders in ge­sprek te tree en hul­le aan te moe­dig om die stryd­byl te be­gra­we. Laat hul­le ook ver­staan hoe on­ge­luk­kig hul on­e­nig­heid jou maak.

• Sib­be wat ja­loers is op hul broer of sus­ter se suk­ses, be­sit­tings of e­nig­iets an­ders in hul le­we, son­der dat hul broer of sus­ter hul neus daar­in vryf, be­hoort in­tro­spek­sie te doen om­dat die pro­bleem moont­lik toe­ge­skryf kan word aan ’n swak self­beeld.

• Sien ge­rus ’n ken­ner wat kan help dat jy al­les in per­spek­tief sien en wat raad kan gee oor hoe om jou self­beeld te ver­be­ter. Lees ook ge­rus ’n goeie boek oor hoe om sib­be-konflik te han­teer of suk­ses­vol op te los.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.